Oor storms, droogte en in die dal van doodskadu – Gerrit Higgo en Adrinet de Bod 

Loading player...
Sy kinders noem Higgo die minister van bittereinders, want hy gee nooit op nie. Hy en Adrinet gesels met Johan Beukes oor die afgelope paar maande se trauma nadat hy van ’n leer afgeval het en gee ook raad aan boere hoe om moeilike tye te bowe te kom.In die episode sal jy meer oor:Die passie wat die Higgo’s vir hul familieboerdery het;Hoe hulle voortbeur al gaan dit ook hoe rof;Higgo se ernstige ongeluk vroeër vanjaar en die lesse wat hy geleer het;Die belangrikheid van jou gesin en om met jou gesinslede eerlik te wees; enHoe om goeie tye te gebruik om voor te berei vir moeilike tye.
30 May 2025 Afrikaans South Africa News · Education

Other recent episodes

‘Ons sal hierdeur kom’ – DF Fyfer

DF Fyfer van Bhetjane Cattle Co is lank genoeg ’n boer om die sielkundige impak en stres van boerdery te verstaan. “Dit is nie net jou eie toekoms wat op die spel is nie, maar die nalatenskap van jou voorouers en die toekoms van jou kinders.”In die Bly Boer-onderhoud met…
3 Apr 21 min

‘Leer om ander te lei en motiveer’ – Francois Rossouw

Francois Rossouw, Toyota en AgriSA se Jongboer van die Jaar, moes al vele storms – letterlik en figuurlik – trotseer. As vierdegenerasie-tafeldruifboer op Mooigezicht Estates in die Hexriviervallei moes hy al vele storms trotseer. Haelstorms, oorstromings en selfs ’n wingerd wat drie keer herplant moes word, het sy veerkragtigheid getoets…
26 Mar 28 min

‘BKS is net nog ’n droogte’ – Bull van Rensburg

“Dit was sekerlik die swaarste tyd in my lewe. Ek het emosioneel deurgeloop,” vertel Bull van Rensburg, ’n boer van Humansdorp, in die eerste episode van seisoen 2 van die Bly Boer-reeks. Nie net was die Oos-Kaapse melkboer se plaas van 1 Mei 2024 tot 6 Junie 2025 weens bek-en-klouseer…
20 Mar 26 min

Landbouweekblad: Is BKS-vrye-status moontlik?

Dr. Gideon Brückner, is ’n wêreldbekende veearts wat al meer as 70 lande besoek het om te bepaal of dié lande hul BKS-vrye-status kon herwin, het hy aan Alani Janeke van Landbouweekblad vertel.
5 Feb 31 min

Klein begin, groot gewin – ’n Loxton-suksesverhaal

Wat as ’n eenvoudige guns begin het – 12 lamspasteie vir ’n vriendin se koffiewinkel – het gelei tot ’n inspirerende suksesverhaal wat gegroei het tot ’n onderneming wat 900 pasteie per dag maak. Nicolette van den Heever van Loxton gesels in hierdie Bly Boer-episode met dr. Johan Beukes oor…
27 Jan 25 min