NNN moet groenwaterstof-kommissaris aanwys

Loading player...
Die presidensie moet nog 'n nuwe kommissaris aanstel om die Namibiese Groenwaterstofprogram te lei. Woordvoerder Jona Musheko het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die organisasie wag op 'n besluit van president Netumbo Nandi-Ndaitwah oor die nuwe hoof en rigting van die program. Dit kom nadat die stigterskommissaris, James Mnyupe, die program amptelik op 1 November verlaat het. Mnyupe het die inisiatief sedert 2023 gelei.
5 Nov 2025 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Regering werskaf met noodvoedsel in Zambezi

Zambezi-goewerneur Dorothy Kabula sê pogings is aangewend om te verseker dat die noodhulpvoedsel van die Kantoor van die Eerste Minister vloedgeteisterde gemeenskappe in afgeleë gebiede bereik. Dit is te midde van kommer dat die vervoer van sakke rys, kookolie en ingemaakte vis 'n uitdaging is in afgesnyde gemeenskappe wat erg…
25 Apr 4AM 1 min

Vasvat van korrupte regeringslui nie goed genoeg, sê GOOD

Die GOOD-party sê senior regeringsamptenare word nie genoeg aanspreeklik gehou vir die misbruik van openbare fondse nie. Die party voer aan daar is te min optrede teen onreëlmatige besteding en dit word nie nie konsekwent regoor die regering toegepas nie. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê die saak van…
25 Apr 2AM 1 min

VSA-hoëlui in Pakistan; Iran weier direkte samesprekinge

President Donald Trump se spesiale gesant Steve Witkoff en presidensiële adviseur Jared Kushner word vandag in Pakistan verwag vir samesprekings oor die Iran-oorlog. Withuis-woordvoerder Karoline Leavitt het Vrydag gesê Teheran het bereidwilligheid tot ‘n gesprek getoon, terwyl visepresident JD Vance gereed staan om te reis indien daar vordering gemaak word…
25 Apr 1AM 1 min

Copps 94.1: Drankduiwel listig in hoofstad

Die drankduiwel het Vrydagaand rooi ligte helder in Windhoek laat flikker met die Copps 94.1-span, in samewerking met die Namibiese polisie, wat sommer uit die staanspoor met ‘n oënskynlik besope jong man moes huishou wat groot amok gemaak het. In nóg ‘n voorval het ‘n groep jong meisies ook hard…
25 Apr 12AM 1 min