Aussies kies drie spelers sonder ervaring vir reeks om die As

Loading player...
Australië het drie spelers sonder toetservaring aangewys vir die eerste toets om die As teen Engeland wat die 21ste in Perth begin. Die aanvangskolwer Jake Weatherald en die snelboulers Sean Abbott en Brendan Doggett kan hul buiging maak. Marnus Labuschagne is teruggeroep, terwyl die veelsydige Mitch Marsh en Matt Renshaw oor die hoof gesien is. Steve Smith voer die span aan in die plek van die beseerde Pat Cummins. Hoofkeurder George Bailey het vertroue in Weatherald:
5 Nov 2025 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Regering werskaf met noodvoedsel in Zambezi

Zambezi-goewerneur Dorothy Kabula sê pogings is aangewend om te verseker dat die noodhulpvoedsel van die Kantoor van die Eerste Minister vloedgeteisterde gemeenskappe in afgeleë gebiede bereik. Dit is te midde van kommer dat die vervoer van sakke rys, kookolie en ingemaakte vis 'n uitdaging is in afgesnyde gemeenskappe wat erg…
25 Apr 4AM 1 min

Vasvat van korrupte regeringslui nie goed genoeg, sê GOOD

Die GOOD-party sê senior regeringsamptenare word nie genoeg aanspreeklik gehou vir die misbruik van openbare fondse nie. Die party voer aan daar is te min optrede teen onreëlmatige besteding en dit word nie nie konsekwent regoor die regering toegepas nie. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê die saak van…
25 Apr 2AM 1 min

VSA-hoëlui in Pakistan; Iran weier direkte samesprekinge

President Donald Trump se spesiale gesant Steve Witkoff en presidensiële adviseur Jared Kushner word vandag in Pakistan verwag vir samesprekings oor die Iran-oorlog. Withuis-woordvoerder Karoline Leavitt het Vrydag gesê Teheran het bereidwilligheid tot ‘n gesprek getoon, terwyl visepresident JD Vance gereed staan om te reis indien daar vordering gemaak word…
25 Apr 1AM 1 min

Copps 94.1: Drankduiwel listig in hoofstad

Die drankduiwel het Vrydagaand rooi ligte helder in Windhoek laat flikker met die Copps 94.1-span, in samewerking met die Namibiese polisie, wat sommer uit die staanspoor met ‘n oënskynlik besope jong man moes huishou wat groot amok gemaak het. In nóg ‘n voorval het ‘n groep jong meisies ook hard…
25 Apr 12AM 1 min