Hlope is uit MK geskors

Loading player...
Die MK-party se adjunkpresident en parlementêre leier, John Hlophe, is met onmiddellike ingang uit alle posisies in die party geskors terwyl ʼn volledige ondersoek na sy gedrag plaasvind. Hlophe se skorsing volg nadat hy veranderinge aangebring het aan die leierskap in die Parlement. Sy verwydering van Colleen Makhubele as hoofsweep is omgekeer en Des Van Rooyen se aanstelling in die posisie is nietig verklaar. Die MK-party se hoof van Presidensie, Magasela Mzobe, het aan die SABC gesê die veranderinge is sonder breër beraadslaging aangebring:
6 Nov 2025 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Copps 94.1: Drankduiwel listig in hoofstad

Die drankduiwel het Vrydagaand rooi ligte helder in Windhoek laat flikker met die Copps 94.1-span, in samewerking met die Namibiese polisie, wat sommer uit die staanspoor met ‘n oënskynlik besope jong man moes huishou wat groot amok gemaak het. In nóg ‘n voorval het ‘n groep jong meisies ook hard…
25 Apr 12AM 1 min

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min