SA hoort nie in G20 nie, slegte dinge gebeur daar - Trump

Loading player...
President Donald Trump van Amerika sê Suid-Afrika hoort nie meer in die Groep van 20 belangrike ekonomieë nie. Hy het die land herhaaldelik beskuldig dat hy op grond beslag lê en sekere klasse mense baie sleg behandel. Hy beskryf dit as ʼn massiewe menseregteskending. Suid-Afrika maak gereed om later vandeesmaand die G20-leiersberaad in Johannesburg aan te bied, wat Amerika se visepresident, JD Vance, na verwagting sal bywoon. Trump het aan die Amerikaanse Sakeforum in Miami gesê slegte dinge gebeur in Suid-Afrika:
6 Nov 2025 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Copps 94.1: Drankduiwel listig in hoofstad

Die drankduiwel het Vrydagaand rooi ligte helder in Windhoek laat flikker met die Copps 94.1-span, in samewerking met die Namibiese polisie, wat sommer uit die staanspoor met ‘n oënskynlik besope jong man moes huishou wat groot amok gemaak het. In nóg ‘n voorval het ‘n groep jong meisies ook hard…
25 Apr 12AM 1 min

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min