Indaba oor Afrika-migrante broodnodig

Loading player...
Die Afrika Diaspora Forum in Suid-Afrika sê 'n dringende migrante-indaba is nodig. Dis nodig om samewerkingstrategieë te vind om migrasie te bestuur, integrasie te versterk en die druk op openbare hulpbronne te verlig. Migrasie in Suid-Afrika is 'n ingewikkelde wetlike saak wat insluit assielsoekers, vlugtelinge, visahouers, permanente inwoners en genaturaliseerde burgers. Die sekretaris van die Afrika Diaspora Forum, Bongani Mkwananzi, sê migrante is nie net bevoordeeldes van die beleid nie, hulle moet ook vennote wees om oplossings te vind:
6 Nov 2025 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Copps 94.1: Drankduiwel listig in hoofstad

Die drankduiwel het Vrydagaand rooi ligte helder in Windhoek laat flikker met die Copps 94.1-span, in samewerking met die Namibiese polisie, wat sommer uit die staanspoor met ‘n oënskynlik besope jong man moes huishou wat groot amok gemaak het. In nóg ‘n voorval het ‘n groep jong meisies ook hard…
25 Apr 12AM 1 min

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min