Erongo het kommer oor toenemde misdaad teen toeriste

Loading player...
Misdaad teen toeriste in Erongo is aan die toeneem. Die polisie rapporteer 44 voorvalle tussen Januarie en Oktober vanjaar, 'n toename van 26 persent vanaf verlede jaar. Die mees algemene oortredings sluit in diefstal uit voertuie, huisbraak en roof. Die Erongo-streekpolisiebevelvoerder-kommissaris Nikolaus Kupembona sê die mag verskerp pogings om besoekers te beskerm en dring daarop aan dat die toerismebedryf saamwerk om misdaad te voorkom.
7 Nov 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min