Vance sê regter se bevel oor SNAP-betalings is absurd

Loading player...
ʼn Amerikaanse federale regter in Rhode Island het president Donald Trump se administrasie beveel om teen vandag geld te vind om die Aanvullende Voedingshulpprogram, ook bekend as SNAP, vir November te befonds. Dit volg nadat die Departement van Landbou die ongewone stap gedoen het om voordele vir hierdie maand op te skort en aanvoer dat die program weens die regeringsafsluiting nie fondse het nie. Meer as 42-miljoen Amerikaners ontvang SNAP-voordele. Visepresident JD Vance sê die uitspraak is absurd:
7 Nov 2025 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min