VN hef sanksies teen Siriese president op

Loading player...
Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad het gestem om sanksies op te hef teen Sirië se president, Ahmed al-Sharaa, en die minister van Binnelandse Sake, Anas Khattab. Die Amerikaans-opgestelde besluit is met 14 stemme aanvaar terwyl China buite stemming gebly het. Sharaa het die magte gelei wat Bashar al-Assad onttroon het, en is in Januarie vir ʼn oorgangstydperk aangestel. Amerika se ambassadeur by die VN, Mike Waltz, beskryf die besluit as ʼn erkenning dat Sirië ʼn nuwe era betree het:
7 Nov 2025 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min