ANC stres oor burgers wat na oorloë gelok word

Loading player...
Die ANC is diep bekommerd oor noodoproepe deur 17 Suid-Afrikaanse burgers wat tans vasgekeer is in die konflikgebied in die Donbas-streek van Oekraïne. Volgens berigte is sestien mans van KwaZulu-Natal en een uit die Oos-Kaap gelok om by gewapende magte in die Rusland-Oekraïne-konflik aan te sluit, onder die dekmantel van winsgewende werksgeleenthede. ANC-woordvoerder Mahlengi Bhengu waarsku Suid-Afrikaanse burgers teen deelname aan buitelandse gewapende magte of die verlening van militêre bystand aan buitelandse regerings sonder magtiging:
9 Nov 2025 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min