Landdroste sê nee, sloerstaking duur vandag voort

Loading player...
Justisieminister Wise Immanuel het die sloerstaking van landdroste onwettig verklaar en beveel dat alle landdroste vandag weer op hul pos moet wees of die gevolge van hul aksie gaan dra. ‘n Nuwe vergoedingspakket is die afgelope naweek deur justisie en die Landdrostevereniging beding, maar moet nog deur Immanuel onderteken word. Die minister sê landdroste moet vandag begin werk, ongeag wanneer hy die nuwe ooreenkoms gaan teken. Intussen het die landdroste se prokureur, Florian Beukes van Metcalfe Beukes Attorneys, aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat geen werk sal hervat totdat die minister die nuwe vergoedingsooreenkoms onderteken nie.
9 Nov 2025 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min