Trump dreig BBC met US$1 miljard dagvaardiging

Loading player...
Amerika se president Donald Trump dreig om die BBC vir 'n miljard Amerikaanse dollar te dagvaar as dit nie teen 14 November sekere voorwaardes nakom nie. Trump se prokureurs beweer die BBC het hom belaster deur sy toespraak voor die Capitol-onluste in 2021 opsetlik en bedrieglik te redigeer. Die voorsitter van die BBC, Samir Shah, het 'n brief vrygestel wat joernalistieke foute aanspreek wat deur die korporasie gemaak is, insluitend die dokumentêre program Panorama wat verskillende dele van Trump se toespraak saamgevoeg het. Sky News se korrespondent James Matthew in Washington beskryf die joernalistieke skade wat berokken is.
10 Nov 2025 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min