Amper 60% van werksmag in informele sektor

Loading player...
Na raming maak 58 persent van Namibië se werksmag hul bestaan uit die informele sektor. Dit is onthul deur die uitvoerende direkteur in die ministerie van finansies, Michael Humavindu. Humavindu het vanoggend tydens die bekendstelling van die verslag getiteld Diagnostics of Informality in Namibia gesê dat die informele sektor se bydrae tot die BBP teen 2025 op 26,5 persent staan. Ten spyte hiervan het hy gesê dat die sektor tans in 'n baie bestraffende regulatoriese omgewing funksioneer, nie as 'n vennoot wat bemagtig moet word nie.
11 Nov 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min