Newsom sê hy's by COP30 vir die Amerikaanse ekonomie

Loading player...
Die Kalifornië-goewerneur Gavin Newsom het ‘n subnasionale afvaardiging van 100 amptenare na COP30 in Brasilië gelei om te beklemtoon dat subnasionale jurisdiksies soos deelstate steeds daartoe verbind is om die klimaatkrisis aan te pak. Hy is die medevoorsitter van beide die America Is All In en die Amerikaanse Klimaatalliansie-koalisies. Hy het skerp kritiek teen die Trump-administrasie uitgespreek en sê die groen ekonomie word aan China oorhandig. China vervaardig tans agt uit elke tien sonpanele en sewe uit elke tien elektriese voertuie.
12 Nov 2025 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min

VN-eis vir slawerny-vergoeding 'raak nie volksmoord-reparasies'

Politieke ontleder professor Henning Melber sê die onlangse resolusie van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering wat vergoeding vir slawehandel eis, is grootliks simbolies, sonder bindende regsgevolge vir lande wat nie vir die resolusie gestem het nie. Melber sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat dit ook nie die Namibiese volksmoord…
24 Apr 10AM 1 min