NamPol waarsku oor taxi-gebruikers wat beroof word

Loading player...
Taxi-gebruikers wat beroof en ontvoer word is in die nuus. NamPol sê dat daar tot op hede agt sake geregistreer is, veral in Windhoek en Oshakati, met dieselfde werkwyse. Voertuie met vals registrasienommers word valslik as taxi's gebruik om slagoffers te lok. Daar is Dinsdag drie verdagtes in Windhoek in hegtenis geneem, met die meesterbreine agter die vermeende sindikate, wat nog op vrye voet is. Nampol-woordvoerder, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, vra die publiek se hulp om hulle vas te trek.
12 Nov 2025 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min

VN-eis vir slawerny-vergoeding 'raak nie volksmoord-reparasies'

Politieke ontleder professor Henning Melber sê die onlangse resolusie van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering wat vergoeding vir slawehandel eis, is grootliks simbolies, sonder bindende regsgevolge vir lande wat nie vir die resolusie gestem het nie. Melber sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat dit ook nie die Namibiese volksmoord…
24 Apr 10AM 1 min

Sacky vra weer vir staking van Fishrot-verhoor

Die Fishrot-beskuldigde Sacky Shanghala het die hoërhof weer eens versoek om die verhoor te staak, met die argument dat dit nie kan voortgaan terwyl 'n aansoek om onttrekking van regter Marelize du Plessis onopgelos is nie, insluitend enige moontlike appèl na die Hooggeregshof. Advokaat Ileni Gebhardt, wat Ricardo Gustavo verteenwoordig,…
24 Apr 10AM 1 min

Trump sê hy's g'n onder druk om Iran-oorlog te staak nie

President Donald Trump van Amerika sê hy is onder geen druk om die oorlog teen Iran vinnig te beëindig nie, ondanks sy oorspronklike vooruitskatting van ses weke. Hy is tevrede om Iran se hawens te versper en ekonomiese skade te berokken sonder om die oorlog te hervat of ʼn ooreenkoms…
24 Apr 10AM 1 min

Vereniging juig oor stappe om hofbeamptes te beskerm

Die Vereniging van Staatsamptenare het die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling se standpunt verwelkom om stappe te doen om hofbeamptes teen teistering, dreigende gedrag en intimidasie met behulp van kameras te beskerm wanneer hoëprofielpersone in die hof verskyn. Die vereniging veroordeel enige gedrag van politici, openbare figure of lede…
24 Apr 9AM 1 min