Baanbrekende gas-na-energie-aanleg sit vullis in krag om

Loading player...
Die Stad Kaapstad se nuwe gas-na-energie-aanleg sal genoeg elektrisiteit opwek vir 4 300 huishoudings deur sy afvalgas na kragopwekking-projek by die Coastal Park Vullisterrein. Die metro het reeds 93-miljoen Suid-Afrikaanse rand aan die projek bestee en sal die volgende drie jaar nog 82-miljoen-rand belê vir verdere infrastruktuur by ander vullisterreine. Die burgemeester Geordin Hill-Lewis sê die inisiatief sal in die toekoms vir homself betaal met verminderde elektrisiteit-aankope van Eskom en die verkoop van koolstofkrediete:
13 Nov 2025 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Operasie Prosper lewer te min resultate in Wes-Kaap

Die regering van die Wes-Kaap doen 'n beroep op 'n dringende hersiening van misdaadbestrydingpogings, met huidige pogings onder Operasie Prosper wat te min resultate lewer. Premier Alan Winde sê gemeenskappe het steeds te kampe met hoë vlakke van misdaad ondanks voortgesette polisie- en militêre ontplooiings. Winde doen 'n beroep op…
24 Apr 6AM 1 min

Geen land wat Israel beset het, floreer nie - Carlson

Oud-Trump-bondgenoot Tucker Carlson sit sy kritiek teenoor president Donald Trump voort en behalwe dat hy sê hy lank geteister sal word deur die feit dat hy 'n rol gespeel het om Trump verkies te kry, het hy sy visier ook op Israel. Hy sê geen plek wat deur Israel beset…
24 Apr 6AM 1 min

Jacky Britz ingehuldig as Baster-kaptein

Kaptein Jacky Britz is vandag op Rehoboth by die Lutherse Kerk as Baster-kaptein ingehuldig. Hy is op 9 Februarie na ‘n lang leierskapsgeskil deur die lynminister James Sankwasa bevestig. Hy het sy eed voor ds. Soraya Mostert afgelê.
24 Apr 5AM 1 min

NNN se visdialoog spreek nie kwessies aan of leer lesse nie

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het 'n beroep gedoen op 'n oop dialoog in Namibië se visbedryf met vakbonde wat waarsku dat die sektor in 'n krisis verkeer, met werkers wat onsekerheid, swak toestande en beperkte voordele in die gesig staar. Die president sluit vandag 'n driedaagse konsultasie met vismaatskappye op Walvisbaai…
24 Apr 5AM 1 min