Bezos se New Glynn-vuurpyl lanseer suksesvol

Loading player...
Jeff Bezos se Blue Origin het sy New Glenn-vuurpyl met twee Nasa-ruimtetuie aan boord suksesvol gelanseer vir sy reis na Mars. Die Escapade-sending is die eerste gekoördineerde orbitale wetenskapsending met meer as een ruimtetuig na die rooi planeet. Die sending se hoofwetenskaplike, Rob Lillis, sê die twee wenteltuie sal ʼn jaar naby die Aarde deurbring voor dit met behulp van swaartekrag vertrek om Mars in 2027 te bereik. Dit sal die planeet se boonste atmosfeer en magneetvelde bestudeer:
14 Nov 2025 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Jacky Britz ingehuldig as Baster-kaptein

Kaptein Jacky Britz is vandag op Rehoboth by die Lutherse Kerk as Baster-kaptein ingehuldig. Hy is op 9 Februarie na ‘n lang leierskapsgeskil deur die lynminister James Sankwasa bevestig. Hy het sy eed voor ds. Soraya Mostert afgelê.
24 Apr 5AM 1 min

NNN se visdialoog spreek nie kwessies aan of leer lesse nie

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het 'n beroep gedoen op 'n oop dialoog in Namibië se visbedryf met vakbonde wat waarsku dat die sektor in 'n krisis verkeer, met werkers wat onsekerheid, swak toestande en beperkte voordele in die gesig staar. Die president sluit vandag 'n driedaagse konsultasie met vismaatskappye op Walvisbaai…
24 Apr 5AM 1 min

Backyard Tenants sat vir munisipaliteit wat hulle ignoreer

Die Walvis Bay Backyard Tenants-vereniging is boos oor die Walvisbaai-munisipaliteit wat 'n plan goedgekeur om inwoners wat onwettig grond by Kuisebmond en ander gebiede beset, na 'n tydelike perseel by Farm 37 te verskuif. Die vereniging, wat op 'n porsie van Farm 37 woon, sê hy vra al jare vir…
24 Apr 5AM 1 min