Niks is gedoen om oorstromings onder Hardap-damwal te verminder nie

Loading player...
Daar is verwagtinge dat die sluise van die Hardapdam tydens vanjaar se reënseisoen getrek sal word. Die dam is tans net minder as 59 persent vol en die watertafels in die opvangsgebied is ook hoër na die vorige seisoen. Die sluise moet op 70 persent getrek word. Ten spyte van hierdie verwagtinge is die rivier onder die damwal steeds nie skoon gemaak nie. Dit hou 'n groot risiko in vir moontlike oorstromings. Die landbouministerie is verantwoordelik daarvoor. Kosmos 94.1 Nuus het Dawie De Klerk,die voorsitter van die Hardap Boerevereniging gesels.
14 Nov 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Jacky Britz ingehuldig as Baster-kaptein

Kaptein Jacky Britz is vandag op Rehoboth by die Lutherse Kerk as Baster-kaptein ingehuldig. Hy is op 9 Februarie na ‘n lang leierskapsgeskil deur die lynminister James Sankwasa bevestig. Hy het sy eed voor ds. Soraya Mostert afgelê.
24 Apr 5AM 1 min

NNN se visdialoog spreek nie kwessies aan of leer lesse nie

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het 'n beroep gedoen op 'n oop dialoog in Namibië se visbedryf met vakbonde wat waarsku dat die sektor in 'n krisis verkeer, met werkers wat onsekerheid, swak toestande en beperkte voordele in die gesig staar. Die president sluit vandag 'n driedaagse konsultasie met vismaatskappye op Walvisbaai…
24 Apr 5AM 1 min

Backyard Tenants sat vir munisipaliteit wat hulle ignoreer

Die Walvis Bay Backyard Tenants-vereniging is boos oor die Walvisbaai-munisipaliteit wat 'n plan goedgekeur om inwoners wat onwettig grond by Kuisebmond en ander gebiede beset, na 'n tydelike perseel by Farm 37 te verskuif. Die vereniging, wat op 'n porsie van Farm 37 woon, sê hy vra al jare vir…
24 Apr 5AM 1 min