Die 2025 Desert Ultra begin môre, Naude Dreyer vat hom weer

Loading player...
Die 2025 Desert Ultra begein môre by Spitskoppe en duur tot Vrydag waar dit by die Save the Rhino-trust eindig. Dit is ‘n uitmergelende 250 kilometer marathon oor vyf dae en atlete is self-onderhoudend en kry net elke 10 kilometer waterbystand. Daar is vyf Namibiese atlete wat deelneem waaronder Naude Dreyer van Namibia Ocean Conservation. Dit is Dreyer se tweede Desert Ultra en dis vir ‘n goeie doel.
16 Nov 2025 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kapofi sê oor VSA-vliegdekskip

Verdedigingminister Frans Kapofi het die parlement gerusgestel dat 'n Amerikaanse kernaangedrewe vliegdekskip wat tans langs Namibië se kus vaar, buite die land se territoriale waters bly en in ooreenstemming met internasionale maritieme reg optree. Daar word verwag dat die skip by 'n groeiende Amerikaanse vlootteenwoordigheid in die Arabiese See sal…
24 Apr 3AM 1 min

El Niño is hier

Volgens AMT se jongste weervoorspelling word bykomende reënval verwag in beide die somer- en wintergraanstreke tot einde Mei en vroeg in Junie. Weerkenner Johan van den Berg dui aan dat La Niña-toestande verdwyn het, terwyl El Niño begin ontwikkel.
24 Apr 3AM 1 min

Kuberveiligheid: So lyk die swartmark

Die drie-dae Namibiese Internasionale Kuberveiligheidskonferensie en -uitstalling 2026 vind tot vandag plaas in Windhoek, onder die tema "Die beveiliging van Afrika se digitale toekoms: Innovasie, veerkragtigheid en soewereiniteit". Die konferensie het ten doel om die toenemende kuberveiligheidsbedreigings aan te spreek wat Namibië en Afrika in die gesig staar namate digitale…
24 Apr 2AM 1 min

Regering is verbind aan stryd teen georganiseerde misdaad - Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa het die regering se verbintenis tot die verskerping van die stryd teen georganiseerde misdaad, korrupsie en geweld herbevestig. Na die aanstelling van die waarnemende nasionale polisiekommissaris Puleng Dimpane, het Ramaphosa gesê dit is kommerwekkend dat die geskorste kommissaris Fannie Masemola aanklagte in die gesig staar, maar voer…
24 Apr 2AM 1 min

SA teken daling in verstekvonnis-aansoeke aan, maar...

Statistieke Suid-Afrika sê die jongste data oor siviele sake vir skuld toon gemengde tendense. Die aantal siviele dagvaardings wat vir skuld uitgereik is, het met 2,5-persent gedaal in die drie maande tot Februarie in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Siviele vonnisse vir skuld het egter met 1,9-persent toegeneem. Vhonani…
24 Apr 1AM 1 min