Sinner dra ATP-jaareind-kroon met sege in skoon stelle teen Alcaraz

Loading player...
Die wêreld-nommer-twee Jannik Sinner het sy naaste teenstander, Carlos Alcaraz, geklop en sy titel in die ATP-jaareindtoernooi behou. Die 24-jarige Italianer het die titel gewen sonder om een stel in die toernooi af te staan, en die eindstryd met 7-6, 7-5 te buit. Hy het sy binnenshuise wenstreep tot 31 wedstryde uitgebrei. Sinner is die negende man wat in agtereenvolgende jare by die jaareindkampioenskap koning kraai, en sê die trofee is die beste manier om die seisoen af te sluit:
16 Nov 2025 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kapofi sê oor VSA-vliegdekskip

Verdedigingminister Frans Kapofi het die parlement gerusgestel dat 'n Amerikaanse kernaangedrewe vliegdekskip wat tans langs Namibië se kus vaar, buite die land se territoriale waters bly en in ooreenstemming met internasionale maritieme reg optree. Daar word verwag dat die skip by 'n groeiende Amerikaanse vlootteenwoordigheid in die Arabiese See sal…
24 Apr 3AM 1 min

El Niño is hier

Volgens AMT se jongste weervoorspelling word bykomende reënval verwag in beide die somer- en wintergraanstreke tot einde Mei en vroeg in Junie. Weerkenner Johan van den Berg dui aan dat La Niña-toestande verdwyn het, terwyl El Niño begin ontwikkel.
24 Apr 3AM 1 min

Kuberveiligheid: So lyk die swartmark

Die drie-dae Namibiese Internasionale Kuberveiligheidskonferensie en -uitstalling 2026 vind tot vandag plaas in Windhoek, onder die tema "Die beveiliging van Afrika se digitale toekoms: Innovasie, veerkragtigheid en soewereiniteit". Die konferensie het ten doel om die toenemende kuberveiligheidsbedreigings aan te spreek wat Namibië en Afrika in die gesig staar namate digitale…
24 Apr 2AM 1 min

Regering is verbind aan stryd teen georganiseerde misdaad - Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa het die regering se verbintenis tot die verskerping van die stryd teen georganiseerde misdaad, korrupsie en geweld herbevestig. Na die aanstelling van die waarnemende nasionale polisiekommissaris Puleng Dimpane, het Ramaphosa gesê dit is kommerwekkend dat die geskorste kommissaris Fannie Masemola aanklagte in die gesig staar, maar voer…
24 Apr 2AM 1 min

SA teken daling in verstekvonnis-aansoeke aan, maar...

Statistieke Suid-Afrika sê die jongste data oor siviele sake vir skuld toon gemengde tendense. Die aantal siviele dagvaardings wat vir skuld uitgereik is, het met 2,5-persent gedaal in die drie maande tot Februarie in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Siviele vonnisse vir skuld het egter met 1,9-persent toegeneem. Vhonani…
24 Apr 1AM 1 min