Apollo het sy knie beseer

Loading player...
Die bekende olifant, Apollo is weer in die nuus. Hy het in 2019 by die kus verskyn en is sedertdien hervestig na die Zannier-reservaat in 2020. Onlangs het Apollo 'n besering opgedoen en het hy kruppel voorgekom. Wildsveearts, dr. Ulf Tubbesing van Wildlife Vets Namibia het ondersoek ingestel en die olifant het swelling op sy knie opgedoen. Rudie van Vuuren van N/a'an ku sê het die jongste.
17 Nov 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kuberveiligheid: So lyk die swartmark

Die drie-dae Namibiese Internasionale Kuberveiligheidskonferensie en -uitstalling 2026 vind tot vandag plaas in Windhoek, onder die tema "Die beveiliging van Afrika se digitale toekoms: Innovasie, veerkragtigheid en soewereiniteit". Die konferensie het ten doel om die toenemende kuberveiligheidsbedreigings aan te spreek wat Namibië en Afrika in die gesig staar namate digitale…
24 Apr 2AM 1 min

Regering is verbind aan stryd teen georganiseerde misdaad - Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa het die regering se verbintenis tot die verskerping van die stryd teen georganiseerde misdaad, korrupsie en geweld herbevestig. Na die aanstelling van die waarnemende nasionale polisiekommissaris Puleng Dimpane, het Ramaphosa gesê dit is kommerwekkend dat die geskorste kommissaris Fannie Masemola aanklagte in die gesig staar, maar voer…
24 Apr 2AM 1 min

SA teken daling in verstekvonnis-aansoeke aan, maar...

Statistieke Suid-Afrika sê die jongste data oor siviele sake vir skuld toon gemengde tendense. Die aantal siviele dagvaardings wat vir skuld uitgereik is, het met 2,5-persent gedaal in die drie maande tot Februarie in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Siviele vonnisse vir skuld het egter met 1,9-persent toegeneem. Vhonani…
24 Apr 1AM 1 min

Chennai behaal grootste oorwinning in IPL teen Mumbai

Die Chennai Super Kings is vyfde op die Indiese Premierliga se punteleer ná ʼn oortuigende oorwinning van 103 lopies oor die Mumbai Indians. Dis hul grootste punteverskil ooit in die kompetisie. Sanju Samson het ʼn onoorwonne 101 van 54 balle behaal en bygedra tot die Super Kings se telling van…
24 Apr 1AM 1 min

Jou werk kan jou doodmaak, ILO sê 840 000 sterf jaarliks

Volgens die Internasionale Arbeidsorganisasie sterf meer as 840 000 mense elke jaar aan gesondheidstoestande wat verband hou met psigososiale risiko's, soos lang werkure, werk onsekerheid en teistering in die werkplek. Arbeidskundige Herbert Jauch beskryf dit as kommerwekkend en waarsku dat werkverwante psigososiale risiko's dikwels lei tot kardiovaskulêre siektes en geestesversteurings,…
24 Apr 12AM 1 min