As Huis so stem, sal Trump vrystelling van Epstein-dokumente onderteken

Loading player...
President Donald Trump van Amerika sê hy sal ʼn wetsontwerp dat die Justisiedepartement die Epstein-lêers bekendmaak, onderteken as dit op sy lessenaar beland. Die Huis van Verteenwoordigers stem na verwagting vandag vir die vrystelling daarvan. Demokrate in die Huis het verlede week e-posse van die Epstein-boedel bekendgemaak waarin Trump se naam genoem word. Trump sê sy administrasie het Huis-komitees reeds tienduisende dokumente gegee en herhaal dat die Epstein-kwessie ʼn klug is:
18 Nov 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Creecy begin raadpleging oor spoorinfrastruktuur

Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, het openbare raadpleging bekendgestel oor die konsep-nasionale spoorweg-meesterplan om spoorvervoer as die ruggraat van die vervoer- en logistieke stelsel te posisioneer. Dit beoog om meer vrag- en passasiersvervoer na treine te verskuif, verkeersopeenhopings en vervoerkoste te verminder en ekonomiese groei te bevorder. Creecy het…
23 Apr 11PM 1 min

Israel beskuldig van beleid om mediawerkers te dood

Israel se moord op 'n vooraanstaande Libanese joernalis in 'n sogenaamde “double tap” aanval is met internasionale verontwaardiging begroet, terwyl Libanon se premier die aanval as 'n oorlogsmisdaad beskryf. Die 43-jarige Amal Khalil, wat vir die koerant al-Akhbar gewerk het, is Donderdag begrawe. Sy is dood in wat kollegas sê…
23 Apr 11PM 1 min

Afgradeer sukkelende dorpies terug na nedersettings: RP

Die Republikeinse Party doen 'n beroep op stedelike en landelike ontwikkeling-minister James Sankwasa om sukkelende klein dorpies terug na nedersetting-status af te gradeer. RP-parlementslid Mathias Mbundu sê sodra gebiede tot dorpe verklaar word, verloor hulle die sentrale regering se steun en moet hulle finansieel op hul eie voete staan, wat…
23 Apr 11AM 1 min

Cyril sit Masemola op voorsorgskorsing

President Cyril Ramaphosa het die nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola op voorsorgskorsing geplaas na aanklagte wat verband hou met beweerde oortredings van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur. Die polisie se hoof-finansiële beampte, Puleng Dimpane, is as waarnemende nasionale kommissaris aangestel. Ramaphosa sê die regering bly gefokus op die versterking van…
23 Apr 11AM 1 min