KZN polisiehoof, Zulu-koning het bande met CIA: Mogotsi

Loading player...
Die omstrede sakeman van Noordwes, Brian Mogotsi, het aan die Madlanga-kommissie gesê die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, en koning Misuzulu kaZwelithini is na bewering deur die Amerikaanse Sentrale Intelligensieagentskap gewerf. Mogotsi het erken die inligting is gegrond op hoorsê van 'n bron, maar het daarop aangedring dat vermoedens in intelligensiewerk ondersoek moet word. Kommissie-lede het hom aangespoor om bewyse te gee en hy het toegegee geen verdere besonderhede steun die bewerings nie, behalwe opmerkings oor opleiding in Amerika en reise:
18 Nov 2025 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Creecy begin raadpleging oor spoorinfrastruktuur

Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, het openbare raadpleging bekendgestel oor die konsep-nasionale spoorweg-meesterplan om spoorvervoer as die ruggraat van die vervoer- en logistieke stelsel te posisioneer. Dit beoog om meer vrag- en passasiersvervoer na treine te verskuif, verkeersopeenhopings en vervoerkoste te verminder en ekonomiese groei te bevorder. Creecy het…
23 Apr 11PM 1 min

Israel beskuldig van beleid om mediawerkers te dood

Israel se moord op 'n vooraanstaande Libanese joernalis in 'n sogenaamde “double tap” aanval is met internasionale verontwaardiging begroet, terwyl Libanon se premier die aanval as 'n oorlogsmisdaad beskryf. Die 43-jarige Amal Khalil, wat vir die koerant al-Akhbar gewerk het, is Donderdag begrawe. Sy is dood in wat kollegas sê…
23 Apr 11PM 1 min

Afgradeer sukkelende dorpies terug na nedersettings: RP

Die Republikeinse Party doen 'n beroep op stedelike en landelike ontwikkeling-minister James Sankwasa om sukkelende klein dorpies terug na nedersetting-status af te gradeer. RP-parlementslid Mathias Mbundu sê sodra gebiede tot dorpe verklaar word, verloor hulle die sentrale regering se steun en moet hulle finansieel op hul eie voete staan, wat…
23 Apr 11AM 1 min

Cyril sit Masemola op voorsorgskorsing

President Cyril Ramaphosa het die nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola op voorsorgskorsing geplaas na aanklagte wat verband hou met beweerde oortredings van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur. Die polisie se hoof-finansiële beampte, Puleng Dimpane, is as waarnemende nasionale kommissaris aangestel. Ramaphosa sê die regering bly gefokus op die versterking van…
23 Apr 11AM 1 min