Vervolging van Comey, James uitgegooi

Loading player...
’n Federale regter van Virginia het strafregtelike aanklagte teen die voormalige FBI-direkteur James Comey en die prokureur-generaal van New York, Letitia James, uitgegooi. Die regter het beslis dat die aanstelling van die justisie-departement se prokureur, Lindsey Halligan, as tussentydse Amerikaanse prokureur die Grondwet geskend het en onwettig was. Comey is van vals verklarings en dwarsboming van die gereg aangekla, nadat president Donald Trump sy vervolging gevra het en Halligan aangestel het om die saak voort te sit, na die vorige aanklaer nie vervolg het nie. James is aangekla van bankbedrog en die maak van vals verklarings aan 'n finansiële instelling. Albei het onskuldig gepleit en die aanklagte as polities-gemotiveerd beskryf. CBS News se regskorrespondent, Scott McFarlane:
24 Nov 2025 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

CAN vra publiek se hulp met CHICA-huis uitbreiding

Die Kankervereniging doen 'n beroep op hulp van die publiek om akkommodasie by sy CHICA-huis in Windhoek uit te brei. Die uitvoerende hoof, Rolf Hansen, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat dringende opgraderings nodig is. Diegene wat bereid is om te help, kan die vereniging direk kontak of bydra…
23 Apr 10AM 1 min

LPM se Swartbooi kap Sankwasa oor verbreekte behuising-beloftes

Die leier van die LPM, Bernadus Swartbooi, het kritiek gelewer teen die minister van landelike en stedelike ontwikkeling, James Sankwasa, en hom en die Swapo-regering daarvan beskuldig dat hulle nie beloftes nagekom het om laekoste-behuising te bou nie. Swartbooi het vanoggend tydens 'n perskonferensie gesê ten spyte van die belofte…
23 Apr 10AM 1 min

Meatco-werksaamhede gaan voort, al dreig werkers staking

Werknemers by Meatco het vandag by die hekke van Meatco vergader om 'n petisie aan die bestuur te oorhandig oor die ongefinaliseerde salarisonderhandelings vir die 2026-boekjaar. Die byeenkoms, gelei deur die Namibiese Voedsel- en Geallieerde Werkersunie, volg op vertragings in die afhandeling van loononderhandelinge en ander eise. Die vakbond het…
23 Apr 10AM 1 min

Data-insameling van Huishoudelike Inkomste- en Uitgawe-opname afgehandel

Die Namibiese Statistiekagentskap het die suksesvolle afsluiting van die data-insamelingsfase van die 2025/2026 Namibiese Huishoudelike Inkomste- en Uitgawe-opname aangekondig. Die insameling is amptelik op 22 April gefinaliseer na 12 maande se bedrywighede in die veld in al 14 streke. Die agentskap se woordvoerder, Mirjam Shihepo, gee meer inligting.
23 Apr 9AM 1 min

Bastergemeenskap huldig nuwe kaptein môre in

Die Baster-kaptein Jacky Britz word môre ingehuldig. Die stedelike ontwikkelingsminister James Sankwasa het hom in Februarie aangewys, wat 'n einde gebring het aan 'n uitgerekte leierskapsgeskil. Kosmos 94.1 Nuus het met pastoor Leonard Pienaar, een van die organiseerders gesels, wat sê die gemeenskap is opgewonde.
23 Apr 9AM 1 min