COP30 is ‘n mos van tyd - ekoloog

Loading player...
Die plaaslike ekoloog, dr. Peter Cunningham, draai nie doekies om oor COP30 in Belém, Brasilië nie. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het hy die wêreldklimaatberaad 'n vermorsing van tyd en geld genoem, nadat twee weke van gesprekke geëindig het sonder 'n ooreenkoms oor die oorgang na hernubare energie en geen padkaart om toenemende klimaatsuitdagings aan te pak nie. Meer as 50 000 afgevaardigdes van meer as 190 lande het vir die beraad bymekaargekom, wat 'n geraamde 130 000 metrieke ton koolstofvrystellings tot gevolg gehad het, dieselfde as 28 000 motors oor 'n jaar. Cunningham is aan die woord.
25 Nov 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

CAN vra publiek se hulp met CHICA-huis uitbreiding

Die Kankervereniging doen 'n beroep op hulp van die publiek om akkommodasie by sy CHICA-huis in Windhoek uit te brei. Die uitvoerende hoof, Rolf Hansen, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat dringende opgraderings nodig is. Diegene wat bereid is om te help, kan die vereniging direk kontak of bydra…
23 Apr 10AM 1 min

LPM se Swartbooi kap Sankwasa oor verbreekte behuising-beloftes

Die leier van die LPM, Bernadus Swartbooi, het kritiek gelewer teen die minister van landelike en stedelike ontwikkeling, James Sankwasa, en hom en die Swapo-regering daarvan beskuldig dat hulle nie beloftes nagekom het om laekoste-behuising te bou nie. Swartbooi het vanoggend tydens 'n perskonferensie gesê ten spyte van die belofte…
23 Apr 10AM 1 min

Meatco-werksaamhede gaan voort, al dreig werkers staking

Werknemers by Meatco het vandag by die hekke van Meatco vergader om 'n petisie aan die bestuur te oorhandig oor die ongefinaliseerde salarisonderhandelings vir die 2026-boekjaar. Die byeenkoms, gelei deur die Namibiese Voedsel- en Geallieerde Werkersunie, volg op vertragings in die afhandeling van loononderhandelinge en ander eise. Die vakbond het…
23 Apr 10AM 1 min

Data-insameling van Huishoudelike Inkomste- en Uitgawe-opname afgehandel

Die Namibiese Statistiekagentskap het die suksesvolle afsluiting van die data-insamelingsfase van die 2025/2026 Namibiese Huishoudelike Inkomste- en Uitgawe-opname aangekondig. Die insameling is amptelik op 22 April gefinaliseer na 12 maande se bedrywighede in die veld in al 14 streke. Die agentskap se woordvoerder, Mirjam Shihepo, gee meer inligting.
23 Apr 9AM 1 min

Bastergemeenskap huldig nuwe kaptein môre in

Die Baster-kaptein Jacky Britz word môre ingehuldig. Die stedelike ontwikkelingsminister James Sankwasa het hom in Februarie aangewys, wat 'n einde gebring het aan 'n uitgerekte leierskapsgeskil. Kosmos 94.1 Nuus het met pastoor Leonard Pienaar, een van die organiseerders gesels, wat sê die gemeenskap is opgewonde.
23 Apr 9AM 1 min