Trump ontplooi nog 500 nasionale wag-lede in Washington na skietery

Loading player...
President Donald Trump het opdrag gegee dat 500 verdere nasionale wag-troepe in Washington DC onplooi word. Dit kom na die skietery op twee van die wagte, uiters naby aan die Withuis. Die minister van verdediging, Pete Hegseth, het die ontplooiing aangekondig.
27 Nov 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Groot kommer oor planne om Zambezi-rivier te bagger

Terwyl Namibië en Zambië beplan om die Zambezirivier te bagger in 'n poging om ernstige seisoenale oorstromings te verminder, is nie almal oortuig dat dit die regte oplossing is nie. Die regering sê die verdieping van die rivier sal help om gemeenskappe in die vloedgeteisterde gebied te beskerm, maar plaaslike…
23 Apr 5AM 1 min

HAN veroordeel NaCC-ondersoek na toerisme in bewareas

Die Namibiese Gasvryheidsvereniging van Namibië het kommer uitgespreek oor die ondersoek deur die Namibiese Mededingingskommissie na beweerde teenmededingende gedrag wat Ultimate Safaris en drie bewareas betrek: Doro !Nawas, Uibasen Twyfelfontein, en Sorris Sorris. Die besluit om te ondersoek is hoofsaaklik gebaseer op die eksklusiewe aard van die ooreenkomste. Die vereniging…
23 Apr 5AM 1 min

Lubowski-familie verwelkom hulde aan Anton

Die Lüderitz-gemeenskap het 'n voorstel aan die munisipaliteit gestuur om 'n straat en die beplande lughawe na bekende vryheidsvegter en anti-apartheidsaktivis Anton Lubowski te vernoem. Hy is op 12 September 1989 dood geskiet in ‘n sluipmoordaanval. Kosmos 94.1 Nuus het met Almo Lubowski, Anton se seun gepraat.
23 Apr 5AM 1 min

Eerste besending van 2 miljoen BKS-spuite kom in SA aan

Die landbou-organisasie, TLU SA, verwelkom die aankoms van 2 miljoen dosisse bek-en-klouseer-entstof van Dollvet in Turkye. Dis die eerste besending van die bestelling van 6 miljoen wat by Dollvet geplaas is deur hul plaaslike agentskap, Dunevax. Suid-Afrika het sedert Februarie altesaam 4 miljoen dosisse entstofdosisse ontvang. Bennie van Zyl van…
23 Apr 4AM 1 min