Een uit 10 SME's in SA kan onmiddellik sluit

Loading player...
Die EFF sê klein besighede staar 'n ernstige krisis in die gesig. 'n Inligtingsessie aan die parlement se portefeuljekomitee oor Kleinsake-ontwikkeling het aan die lig gebring dat een uit elke tien klein besighede die risiko loop om onmiddellik te sluit weens uitdagings soos 'n gebrek aan finansiering, logistieke probleme en burokrasie. Babalwa Mathulelwa van die EFF waarsku dat baie klein besighede ook nie befondsing kry nie. Mathulelwa sê dringende optrede is nodig om hierdie kritieke bydraers tot die ekonomie te ondersteun:
27 Nov 2025 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Groot kommer oor planne om Zambezi-rivier te bagger

Terwyl Namibië en Zambië beplan om die Zambezirivier te bagger in 'n poging om ernstige seisoenale oorstromings te verminder, is nie almal oortuig dat dit die regte oplossing is nie. Die regering sê die verdieping van die rivier sal help om gemeenskappe in die vloedgeteisterde gebied te beskerm, maar plaaslike…
23 Apr 5AM 1 min

HAN veroordeel NaCC-ondersoek na toerisme in bewareas

Die Namibiese Gasvryheidsvereniging van Namibië het kommer uitgespreek oor die ondersoek deur die Namibiese Mededingingskommissie na beweerde teenmededingende gedrag wat Ultimate Safaris en drie bewareas betrek: Doro !Nawas, Uibasen Twyfelfontein, en Sorris Sorris. Die besluit om te ondersoek is hoofsaaklik gebaseer op die eksklusiewe aard van die ooreenkomste. Die vereniging…
23 Apr 5AM 1 min

Lubowski-familie verwelkom hulde aan Anton

Die Lüderitz-gemeenskap het 'n voorstel aan die munisipaliteit gestuur om 'n straat en die beplande lughawe na bekende vryheidsvegter en anti-apartheidsaktivis Anton Lubowski te vernoem. Hy is op 12 September 1989 dood geskiet in ‘n sluipmoordaanval. Kosmos 94.1 Nuus het met Almo Lubowski, Anton se seun gepraat.
23 Apr 5AM 1 min

Eerste besending van 2 miljoen BKS-spuite kom in SA aan

Die landbou-organisasie, TLU SA, verwelkom die aankoms van 2 miljoen dosisse bek-en-klouseer-entstof van Dollvet in Turkye. Dis die eerste besending van die bestelling van 6 miljoen wat by Dollvet geplaas is deur hul plaaslike agentskap, Dunevax. Suid-Afrika het sedert Februarie altesaam 4 miljoen dosisse entstofdosisse ontvang. Bennie van Zyl van…
23 Apr 4AM 1 min