Rugby: Bokke vertrap Wallis in Cardiff

Loading player...
Die Springbokke het Wallis in Cardiff die ergste nederlaag ooit toegedien met 'n 73-0 oorwinning. Die Bokke het 11 drieë aangeteken om hul November-toer perfek af te sluit. Die telkaart is aan die einde van die wedstryd egter ontsier deur 'n permanente rooi kaart vir Eben Etzebeth, die Springbok met die meeste wedstryde ooit. Hy het in 'n onderonsie met Alex Mann sy vinger in Mann se oog gedruk, wat duidelik op video te sien was. Die eensydige vertoning deur die Springbokke het Wallis se nagmerrie op toetsvlak voortgesit en Suid-Afrika se status as die beste toetsspan ter wêreld herbevestig. Springbok-kaptein Siya Kolisi het die oorwinning 'n sterk afsluiting van die 2025-seisoen beskryf:
30 Nov 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Solidariteitsveldtog geloods om mense van Kuba te steun

'n Landwye solidariteitsveldtog is van stapel gestuur om steun vir die mense van Kuba te mobiliseer. Kuba staar 'n ernstige sosio-ekonomiese krisis in die gesig wat gesondheid, energie, onderwys en landbou raak as gevolg van dekades-lange Amerikaanse sanksies en die olie embargo wat tans in plek is. Die veldtog word…
22 Apr 11AM 1 min

SA inflasie styg tot 3,1% in Maart

Statistieke Suid-Afrika sê inflasie het in Maart tot 3,1-persent gestyg vanaf drie-persent in Februarie, met pryse wat maandeliks met 0,6-persent gestyg het. Die toename is aangevuur deur hoër koste in verskeie kategorieë, insluitend onderwys, vervoer, behuising en verblyfdienste. Woordvoerder Ricado Johnson sê vervoerinflasie het in deflasie gebly as gevolg van…
22 Apr 11AM 1 min

Skenk bloed hierdie Saterdag, help red lewens!

Die Bloedoortappingsdiens berig dat hulle verlede Saterdag sukses behaal het met hul "Rooi Saterdag"-bloedskenkingsveldtog, met potensieel 663 Namibiese lewens wat gered is. Kosmos 94.1 Nuus het met die onderwysbeampte Frieda Vatileni-Asino gepraat, wat sê die inisiatief is strategies georganiseer voor al die komende openbare vakansiedae, 'n tydperk wat dikwels gekenmerk…
22 Apr 10AM 1 min

NNN, hoëvlak-afvaardiging fokus op visbedryf-uitdagings

President Netumbo Nandi-Ndaitwah lei 'n hoëvlak-afvaardiging, saam met haar adjunk en die eerste minister, na Walvisbaai vir 'n driedaagse vergadering met rolspelers in die visbedryf. Die vergadering het ongeveer 250 deelnemers gelok. Die vergadering, wat as beide doelbewus en konstruktief beskryf word, is ontwerp om betekenisvolle dialoog oor die visbedryf…
22 Apr 10AM 1 min