Só kan regering korrupsie help uitroei

Loading player...
Vandag is Internasionale Teenkorrupsie-dag. Die tema vanjaar is “Saam met die jeug teen korrupsie: Vorm die integriteit van môre”. Volgens die VN verteenwoordig 1,9 miljard jongmense wêreldwyd byna 'n kwart van die bevolking. Hulle word onregverdig geraak deur korrupsie; met onderbefondsde skole, beperkte werksgeleenthede en beperkte toegang tot gesondheidsorg en openbare dienste. Tog is hulle ook uniek geposisioneer om verandering te lei. Kosmos 94.1 Nuus het met die direkteur van die Instituut vir Openbarebeleidsnavorsing, Graham Hopwood, gepraat.
9 Dec 2025 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Talle groenwaterstofprojekte kwalifiseer vir DBN-fondse

Die Afrika Ontwikkelingsbank se Volhoubare Energiefonds vir Afrika, Sefa, het op 10 April vanjaar 'n beroep vir voorstelle onder sy nuwe Groenwaterstofprogram gedoen, wat teen 11 Mei ingehandig moet wees. Daar is 20 miljoen Amerikaanse dollar beskikbaar vir voorbeleggingsfinansiering vir drie tot vyf uitgesoekte projekte. Die interim hoof van die…
22 Apr 2AM 1 min

Ouditeur-generaal het kommer oor SAL se volhoubaarheid

Die ouditeur-generaal se kantoor sê al het die Suid-Afrikaanse Lugdiens in 2024/2025 'n wins aangeteken, is die lugredery finansieel buite beheer en sy syfers onbetroubaar. Volgens die redery het hy in die fiskale jaar tot einde Maart 2025 die tweede agtereenvolgende jaar sedert hy in April 2021 uit sakeredding is,…
22 Apr 2AM 1 min

Oorsaak na brand by Krugerwildtuin word ondersoek

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke sê 'n ondersoek is aan die gang na die oorsaak van 'n brand wat die kleinhandelwinkel by die Onder-Sabie-ruskamp in die Krugerwildtuin in Mpumalanga beskadig het. Besoekers word aangeraai om voorraad saam te bring terwyl die restaurant gesluit bly weens kragonderbrekings as gevolg van die brand…
22 Apr 1AM 1 min

Sunrisers vat derde oorwinning in IPL

ʼn Loopbaan-beste honderdtal van Abhishek Sharma het Sunrisers Hyderabad tot ʼn oorwinning van 47 lopies teen die Delhi Capitals gelei. Dis hul derde agtereenvolgende sege in die Indiese Premierliga. Die 25-jarige Sharma het ʼn onoorwonne 135 van 68 balle behaal, wat die vyfde hoogste telling in IPL-geskiedenis is. Dit het…
22 Apr 1AM 1 min