Unam maak reg vir gratis tersiêre onderwys

Loading player...
Slegs voorgraadse studente aan openbare en private tersiêre instellings, insluitend tegniese en beroepsopleiding, kwalifiseer vir gesubsidieerde onderwys. Dit beteken dat registrasiegelde en klasgelde deur die regering gedek sal word. Ander geskiktheidskriteria sal geïdentifiseer en toegepas word vir befondsing van nagraadse studies, terwyl 'n nasionale prioriteitslys van studies ontwikkel word om as 'n sleutel-geskiktheidskriterium vir toekomstige nagraadse befondsing te dien. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van Unam, Simon Namesho, gepraat wat sê hulle ondersteun die regering.
10 Dec 2025 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Reuse windturbines verander Kolmanskop-horison onherroeplik

Natuurliefhebbers en rolspelers in toerisme is op hol met die nuwe horison by die ikoniese Kolmanskop spookdorp by Lüderitz. Reuse windturbines is opgerig en daar is kommer oor die impak op veral fotografiese toerisme. Dit turbines is deel van die Dias Windplaas deur NamPower en is deur Innovent in die…
22 Apr 12AM 1 min

Met die geopolitiek is Brics-lande veiliger vir Afrika

Kenners doen 'n beroep op Afrikalande om verhoudings met Brics-lande te versterk, aangesien hulle 'n strategiese geleentheid vir Afrikanasies bied om hul alliansies te diversifiseer te midde van toenemende geopolitieke spanning. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse politieke ontleder dr. Charles Sinkala gepraat, wat sê dat Brics voordele bied…
22 Apr 12AM 1 min

Arbeid en myne: Alle sektore moet saamwerk

Soos belangstelling in Namibië se energie- en mynbou-sektore aanhou groei is daar hoop vir werkskepping. Kenners bly egter waarsku dat mynbou nie 'n langtermyn oplossing vir die land se werkloosheid-krisis is nie. Volgens Danny Meyer, SME's Compete se direkteur, moet nie net die regering werksekerheid verseker nie, maar almal wat…
21 Apr 11PM 1 min

Masemola se aanstellings, klagtes bevraagteken

Die leier van die National Coloured Congress, Faizel Adams, bevraagteken nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola se gesag in die aanstelling van die KwaZulu-Natalse kommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, op 'n nasionale taakspan. Dit volg nadat Masemola in die hof verskyn het oor 'n tender van Medicare24. Adams sê Masemola het dalk die Polisiewet…
21 Apr 11PM 1 min