Swakop besig met herstelwerk voor vakansie

Loading player...
Met besoekers wat stadig maar seker na die kus begin stroom vir ‘n seevakansie, gaan die Swakopmund-munisipaliteit wandelpaaie op die dorp herstel wat deur branders beskadig is. Die fokus is die gedeelte naby die gewilde jetty. ‘n Houtbrug oor ‘n stormkanaal is ook beskadig, met sommige plekke waar die grond sowat 10 meter diep uitgekalwe is. Dit laat kommer oor stappers se veiligheid ontstaan. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die munisipaliteit, Linda Mupupa, gepraat.
11 Dec 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Reuse windturbines verander Kolmanskop-horison onherroeplik

Natuurliefhebbers en rolspelers in toerisme is op hol met die nuwe horison by die ikoniese Kolmanskop spookdorp by Lüderitz. Reuse windturbines is opgerig en daar is kommer oor die impak op veral fotografiese toerisme. Dit turbines is deel van die Dias Windplaas deur NamPower en is deur Innovent in die…
22 Apr 12AM 1 min

Met die geopolitiek is Brics-lande veiliger vir Afrika

Kenners doen 'n beroep op Afrikalande om verhoudings met Brics-lande te versterk, aangesien hulle 'n strategiese geleentheid vir Afrikanasies bied om hul alliansies te diversifiseer te midde van toenemende geopolitieke spanning. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse politieke ontleder dr. Charles Sinkala gepraat, wat sê dat Brics voordele bied…
22 Apr 12AM 1 min

Arbeid en myne: Alle sektore moet saamwerk

Soos belangstelling in Namibië se energie- en mynbou-sektore aanhou groei is daar hoop vir werkskepping. Kenners bly egter waarsku dat mynbou nie 'n langtermyn oplossing vir die land se werkloosheid-krisis is nie. Volgens Danny Meyer, SME's Compete se direkteur, moet nie net die regering werksekerheid verseker nie, maar almal wat…
21 Apr 11PM 1 min

Masemola se aanstellings, klagtes bevraagteken

Die leier van die National Coloured Congress, Faizel Adams, bevraagteken nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola se gesag in die aanstelling van die KwaZulu-Natalse kommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, op 'n nasionale taakspan. Dit volg nadat Masemola in die hof verskyn het oor 'n tender van Medicare24. Adams sê Masemola het dalk die Polisiewet…
21 Apr 11PM 1 min