Nog lof vir Namibiese toerisme, HAN sê meer vlugte sal verder help

Loading player...
Namibië is deur die Afrika-Toerismeraad erken as Afrika se mees outentieke en uitdagende toerismebestemming, wat sy unieke posisie in globale reis beklemtoon. Die toekenning weerspieël toenemende internasionale belangstelling in lae-digtheid, bewaringsgerigte en kultureel outentieke ervarings. Gitta Paetzold, uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat verbeterde lugverbindings internasionale aankomste verder kan bevorder.
17 Dec 2025 9PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SOE se vermoë en magte moet uitgebrei word

Die Vereniging van Staatsamptenare sê die Spesiale Ondersoekeenheid moet genoeg vermoë hê om die stryd teen korrupsie, wanadministrasie en onwettige verryking in die staatsektor te beveg. Die vakbondwoordvoerder, Claude Naicker, sê die ondersoekeenheid se werk het sistemiese korrupsie onthul wat dikwels ingewikkelde netwerke, senior amptenare en mense met politieke bande…
21 Apr 4AM 1 min

Amnestie veroordeel 'predatore' op wêreldverhoog

Amnestie Internasionaal het sy 2025/26 jaarverslag bekend gestel. Die sekretaris-generaal, Agnès Callamard, gebruik die woord ‘predatore’ om Donald Trump, Benjamin Netanyahu en Vladimir Putin te beskryf. Hulle word omdat hulle die multilaterale stelsel wat na die Tweede Wêreldoorlog gestig is, verwerp. Amnestie voer aan dat hul optrede 'n "visie sonder…
21 Apr 4AM 1 min

Fitosanitêre stelsels moet by ontwikkelingsagenda ingesluit word

Sanitêre- en fitosanitêre stelsels, of SPS’e, staan sentraal in Namibië se handelsmededingendheid en ekonomiese veerkragtigheid, sê die voorsitter van die Nasionale Sanitêre en Fitosanitêre Komitee, Mesag Mulunga. Mulunga het tydens ‘n slypskool vir die tegniese komitees van dié liggaam gesê marktoegang, uitvoerdiversifisering en waardeketting-ontwikkeling is afhanklik van ’n geloofwaardige en…
21 Apr 4AM 1 min

Vertraging in toediening van BKS-spuite in Gauteng wek kommer

Die DA sê die stadige uitrol van bek-en-klouseer-entstowwe in Gauteng plaas vee in gevaar en skep onsekerheid vir boere. Volgens die party is slegs 133 000 van die meer as 284 000 beplande dosisse toegedien, terwyl rekenskap van 150 000 dosisse nog nie gelewer is nie, en meer as 240…
21 Apr 4AM 1 min