Benoemings vir komitee wat nasionale dialoog reël bekend

Loading player...
President Cyril Ramaphosa het die benoemings vir die reëlingskomitee van die nasionale dialoog bevestig. Die komitee, wat bestaan uit verteenwoordigers van 33 maatskaplike sektore, ses subsektore en bykomende gekoöpteerde lede, sal prioriteite bepaal en die inklusiewe, burgerlike gedrewe proses koördineer. Die woordvoerder in die Presidensie, Vincent Magwenya, sê die komitee sal na verwagting volgende maand sy eerste vergadering en induksie hou, met Ramaphosa wat lede sterkte toewens met hul belangrike taak:
19 Dec 2025 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Repokoers: BoN kan nie koers verhoog nie, sê ekonoom

Die repokoers sal môre deur die Bank van Namibië aangekondig word. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het in Maart die repokoers daar onveranderd op 6,75 persent gehou. Die verwagting is dat die sentrale bank se monetêre beleidskomitee die plaaslike repokoers ook onveranderd sal laat. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus-ekonoom Oliver Diggle…
21 Apr 12AM 1 min

Alle oë op Hartebeesloop in Mei

Die grootste veiling op die land se landbou-kalender is op pad. Hartebeesloop gaan topvlak Bonsmara-genetika ten toon stel met 'n uitgesoekte groep bulle wat in Mei onder die hamer gaan. Die veiling vind plaas op Saterdag, 23 Mei vanaf half-twaalf die oggend by Hartebeesloop-plaas in die Stampriet-gebied en aanlyn via…
21 Apr 12AM 1 min

Groep sê Stad Kaapstad lieg vir inwoners

Die Cape Independence Advocacy Group sê ná sy klagte aan die Advertensiereguleringsraad, het die Stad Kaapstad hul openbare verklaring oor laer tariewe wat sou volg, verwyder. Phil Craig van CIAG sê volgens die metro se eie syfers sou waardasies met gemiddeld 17,1-persent styg, terwyl die tariefkoers met 10,2-persent verminder is…
20 Apr 11PM 1 min

Verwoesting van Jesus-standbeeld deur IDF lid, sterk veroordeel

’n Foto van ’n Israeliese soldaat wat ’n standbeeld van Jesus in die dorp Debel in die suide van Libanon met ’n voorhamer stukkend slaan, is aanlyn wyd versprei en wydverspreide veroordeling uitgelok. Israeliese premier Benjamin Netanyahu sê hy is “verstom en hartseer” oor wat gebeur het en dat die…
20 Apr 11PM 1 min