Drie sterf in KZN-oorstromings

Loading player...
Die KwaZulu-Natalse Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake sê rampbestuurspanne is op hoë gereedheid geplaas. Dit volg nadat stortreën tot oorstromings gelei het wat drie lewens geëis, en paaie en infrastruktuur beskadig het. Die drie slagoffers is dood nadat hul voertuig in Longacres Drive in Amanzimtoti meegesleur is. Die departement se woordvoerder, Senzelwe Mzila, sê die kusstrook van Margate oor Oslo-strand tot in Port Shepstone het die ergste deurgeloop:
23 Dec 2025 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Land moet selfonderhoudend word in energie, voedsel

Te midde van die oorlog in die Midde-Ooste word dit al meer belangrik vir lande om selfversorgend word. Kospryse het die hoogte ingeskiet omdat die brandstofpryse verhoog het, wat selfonderhoud vir lande op die voorgrond gebring en probleme uitgelig het. Kosmos 94.1 Nuus het met Ben Schernick, direkteur van die…
20 Apr 11AM 1 min

Motorvervaardiging sukkel met beleidsvertragings, stygende koste

Die Vryheidsfront Plus sê onsekerheid oor Suid-Afrika se motorvervaardigingsektor verdiep weens stadige regeringsbesluitneming en beleidsvertragings. Jaco Mulder van die party waarsku die bedryf, wat 22,6-persent tot die vervaardigingsuitset bydra en honderde-duisende werksgeleenthede ondersteun, verkeer onder druk in wêreldwye mededinging en plaaslike uitdagings. Hy sê swak infrastruktuur, energiebeperkings en stygende koste…
20 Apr 11AM 1 min

Digitale geletterheid nodig vir vooruitgang

Sonder sterker digitale geletterdheid, kan baie landsburgers volgens kenners agtergelaat word in die digitale era. Namate meer mense hulle tot mobiele bankdienste, aanlyn besigheid en digitale leer wend, word die vermoë om tegnologie veilig en doeltreffend te gebruik noodsaaklik vir ekonomiese groei en die alledaagse lewe. Jennifer Mathe, verbruikersverhoudingebestuurder by…
20 Apr 10AM 1 min

Lewende bees-uitvoere 'kan gevolge vir kommunale boere hê'

Die verskeping van bees op die hoef na Mauritius bly in die nuus. Landboukenner Wallie Roux meen dat waardetoevoeging in die kommersiële gebied erkenning moet kry en prioriteit moet wees. Aan die ander kant, sukkel kommunale boere om diere produksie-gereed te kry en terwyl op die hoef uitvoere voordelig vir…
20 Apr 10AM 1 min