Australië deporteer dalk Brit oor Nazi-simbole

Loading player...
ʼn Britse burger wat aangekla is dat hy Nazi-simbole vertoon, se Australiese visum is teruggetrek en hy gaan moontlik na die Verenigde Koninkryk gedeporteer word. Dit volg terwyl die land toeslaan op anti-Semitisme na die massamoord op Bondi-strand. Die 43-jarige man is ook vroeër die maand aangekla dat hy op sosiale media geweld teen die Joodse gemeenskap aanhits. Die minister van Binnelandse Sake, Tony Burke, sê hulle is besig met strenger wetgewing teen haatspraak:
24 Dec 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Land moet selfonderhoudend word in energie, voedsel

Te midde van die oorlog in die Midde-Ooste word dit al meer belangrik vir lande om selfversorgend word. Kospryse het die hoogte ingeskiet omdat die brandstofpryse verhoog het, wat selfonderhoud vir lande op die voorgrond gebring en probleme uitgelig het. Kosmos 94.1 Nuus het met Ben Schernick, direkteur van die…
20 Apr 11AM 1 min

Motorvervaardiging sukkel met beleidsvertragings, stygende koste

Die Vryheidsfront Plus sê onsekerheid oor Suid-Afrika se motorvervaardigingsektor verdiep weens stadige regeringsbesluitneming en beleidsvertragings. Jaco Mulder van die party waarsku die bedryf, wat 22,6-persent tot die vervaardigingsuitset bydra en honderde-duisende werksgeleenthede ondersteun, verkeer onder druk in wêreldwye mededinging en plaaslike uitdagings. Hy sê swak infrastruktuur, energiebeperkings en stygende koste…
20 Apr 11AM 1 min

Digitale geletterheid nodig vir vooruitgang

Sonder sterker digitale geletterdheid, kan baie landsburgers volgens kenners agtergelaat word in die digitale era. Namate meer mense hulle tot mobiele bankdienste, aanlyn besigheid en digitale leer wend, word die vermoë om tegnologie veilig en doeltreffend te gebruik noodsaaklik vir ekonomiese groei en die alledaagse lewe. Jennifer Mathe, verbruikersverhoudingebestuurder by…
20 Apr 10AM 1 min

Lewende bees-uitvoere 'kan gevolge vir kommunale boere hê'

Die verskeping van bees op die hoef na Mauritius bly in die nuus. Landboukenner Wallie Roux meen dat waardetoevoeging in die kommersiële gebied erkenning moet kry en prioriteit moet wees. Aan die ander kant, sukkel kommunale boere om diere produksie-gereed te kry en terwyl op die hoef uitvoere voordelig vir…
20 Apr 10AM 1 min