Te midde van die oorlog in die Midde-Ooste word dit al meer belangrik vir lande om selfversorgend word. Kospryse het die hoogte ingeskiet omdat die brandstofpryse verhoog het, wat selfonderhoud vir lande op die voorgrond gebring en probleme uitgelig het. Kosmos 94.1 Nuus het met Ben Schernick, direkteur van die…
Die Vryheidsfront Plus sê onsekerheid oor Suid-Afrika se motorvervaardigingsektor verdiep weens stadige regeringsbesluitneming en beleidsvertragings. Jaco Mulder van die party waarsku die bedryf, wat 22,6-persent tot die vervaardigingsuitset bydra en honderde-duisende werksgeleenthede ondersteun, verkeer onder druk in wêreldwye mededinging en plaaslike uitdagings. Hy sê swak infrastruktuur, energiebeperkings en stygende koste…
Sonder sterker digitale geletterdheid, kan baie landsburgers volgens kenners agtergelaat word in die digitale era. Namate meer mense hulle tot mobiele bankdienste, aanlyn besigheid en digitale leer wend, word die vermoë om tegnologie veilig en doeltreffend te gebruik noodsaaklik vir ekonomiese groei en die alledaagse lewe. Jennifer Mathe, verbruikersverhoudingebestuurder by…
Die verskeping van bees op die hoef na Mauritius bly in die nuus. Landboukenner Wallie Roux meen dat waardetoevoeging in die kommersiële gebied erkenning moet kry en prioriteit moet wees. Aan die ander kant, sukkel kommunale boere om diere produksie-gereed te kry en terwyl op die hoef uitvoere voordelig vir…
Telecom Namibia het die Penduka-projek van stapel gestuur in reaksie op diensonderbrekings wat veroorsaak word deur netwerkonderbrekings, hoofsaaklik weens die toenemende diefstal van koperkabels. Die maatskappy werk saam met die polisie om die probleem aan te spreek, wat geïdentifiseer is as 'n sleuteldryfveer vir onlangse onderbrekings. Uitvoerende hoof Stanley Shanapinda…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.