SA polisie skiet 5 verdagtes in KZN dood

Loading player...
Vyf verdagtes is vroeg vanoggend doodgeskiet tydens 'n skietgeveg met die polisie in die Bester-gebied in Inanda, KwaZulu-Natal. 'n Polisiewoordvoerder, Robert Netshiunda, sê hulle is gesoek vir moord, poging tot moord, insluitend op polisielede, en huisroof. Hy sê die bende het chaos veroorsaak in Inanda en omliggende gebiede:
8 Jan 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ministerie weerlê slenter oor vragmotorbestuurders

Die ministerie van binnelandse sake het bewerings ontken dat hulle van voorneme is om buitelandse vragmotorbestuurders ten koste van Namibiërs in diens te neem. Margaret Kalo, die woordvoerder van die ministerie, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê beweringe wat op sosiale media versprei word, is onwaar:
20 Apr 3AM 1 min

Malaria-gevalle styg in Gauteng

Die Gautengse Departement van Gesondheid het met kommer kennis geneem van 'n skerp styging in malariagevalle en verwante sterftes regoor die provinsie. Kealeboga Mohajane van die departement sê onlangse waarnemings dui op 'n kommerwekkende styging in beide malaria-infeksies en sterftes. Sy sê tussen Januarie en Desember 2025 is 666 malariagevalle…
20 Apr 3AM 1 min

SAPD sê koerantberig stel informante in gevaar

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens kritiseer die Sunday Times wat uitgelekte beëdigde verklarings gepubliseer het wat verband hou met ondersoeke na dwelm-verwante misdaadnetwerke in die land. Die koerant het ʼn beëdigde verklaring van ʼn gewilde platejoggie gepubliseer wat ʼn sluipmoordpoging oorleef het en wat verband hou met dwelmhandel in die nagklub-bedryf. Die…
20 Apr 2AM 1 min

Arteta sê sy spelers sal moet besin

Manchester City is met een wedstryd oor slegs drie punte agter die Premierliga-voorlopers, Arsenal, wat gisteraand op die Etihad-stadion met 2-1 verslaan is. Rayan Cherki het aan City die voorsprong besorg, maar Arsenal het sake binne sekondes met Kai Havertz se doel gelykop gemaak. Erling Haaland se doel in die…
20 Apr 2AM 1 min

Blitsbokke vat Hongkong!

Die Springbok-sewes het Argentinië met 35-7 verslaan om hul eerste titel ooit in Hongkong te verower in die eerste been van vanjaar se Wêreldkampioenskap-reeks van drie toernooie. Die Blitsbokke het vyf drieë teen een gedruk. Dit is Suid-Afrika se vierde agtereenvolgende titel, met die vorige drie in Perth, Vancouver en…
20 Apr 1AM 1 min