ROOIBOSTEEDAG I REAL BREKFIS GESELS MET LIZE DU PREEZ VAN CARMIEN

Loading player...
🌿 Vandag vier ons Internasionale Rooibosteedag! 🌿
En wat is nou lekkerder as ’n eg Suid-Afrikaanse koppie rooibostee?

Rooibostee is nie net heerlik nie – dit’s ook goed vir die hart, goed vir die vel, sag op die maag en help jou om rustiger te slaap. ’n Ware trooskoppie, enige tyd van die dag.

Die Real Brekfis-span (06:00–09:00) se Neville, Benescke en Francois het vanoggend gesels met Lize du Preez, bemarkingsbestuurder van Carmien Rooibostee. Sy is die dogter van Mientjie Mouton, wat die besigheid 26 jaar gelede met ’n groot droom begin het.

☕ Vier saam met ons – een koppie rooibostee op ’n slag.
#InternasionaleRooibosteeDag #TrotsSuidAfrika #Rooibostee #DieRealBrekfis
16 Jan 1AM English South Africa Christianity

Other recent episodes

Geweld en afpersing | Johann Ferreira (HUB Interkaap)

Die Real Brekfis het gesels met die Hoof Uitvoerende Beampte van InterKaap, Johann Ferreira. Interkaap het die onlangse arrestasies van sewe verdagtes wat glo betrokke is by afpersing, intimidasie en geldwassery in die langafstand-vervoerbedryf verwelkom, maar sê dit is net die begin. Volgens Interkaap is daar vir jare ’n georganiseerde…
2 Apr 3AM 8 min

Paasfees | Vry-GEE-ewigheid

Met die aanloop tot Paasfees fokus ons op ’n baie spesiale tema: Vrygewigheid — vir dit wat Jesus Christus vir ons kom doen het. Vandag het ons gepraat met Cois de Kock oor die woord "gee" in vry-GEE-ewigheid.
1 Apr 3AM 11 min

New York Marathonwenner | ADRIAN WILDSCHUTT

Die Real Brekfis gesels met ’n atleet wat Suid-Afrika ongelooflik trots gemaak het met ’n groot oorwinning in New York. Agter hierdie prestasie lê jare se harde werk, dissipline en ’n droom wat waar geword het. Adrian Wildschutt - SA Atleet
31 Mar 9AM 8 min