Trump sê hy sal Groenland kry en almal sal tevrede wees

Loading player...
President Donald Trump sê Amerika sal ʼn manier vind om Groenland te bekom wat Amerika én die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie gelukkig sal maak. Hy het gister joernaliste by die Withuis toegespreek tydens die eerste herdenking van die dag waarop hy as die 47ste president van Amerika ingesweer is. Trump sê hy kan ander maniere gebruik om Groenland te bekom. Hy voeg by die mense van Groenland sal met sy plan saamstem sodra hy met hulle gepraat het:
21 Jan 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Voedselinvoer-teiken: NNN is uit voeling met realiteit

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het 'n ambisieuse plan bekend gestel om voedselinvoere met 80 persent te verminder voor 2030, namate die land plaaslike produksie en uitvoere verhoog. Terwyl onlangse syfers groei in mielies, vrugte en groente se markaandeel toon, waarsku kenners dat Namibië se strawwe, droë klimaat in die pad kan…
13 Apr 12AM 1 min

FNB skenk ruim aan Namibiese rugby

FNB Namibia het sy finansiële ondersteuning aan die Namibiese Rugby-unie hernu. Die ooreenkoms strek oor drie jaar. Vir vanjaar het die bank 'n totaal van 2,4 miljoen Namibiese dollar bewillig wat agt klubs sal ondersteun. Yeoman Hamilton, die hoof van kleinhandel-transaksiebankdienste by FNB, het meer.
13 Apr 12AM 1 min

Copps 94.1 en Stad Windhoek onderteken samewerking ooreenkoms

In 'n poging om plaaslike dienslewering te bevorder, sal Stad Windhoek en Kosmos 94.1 onder die Copps 94.1-vaandel 'n belangrike memorandum van verstandhouding onderteken. Die seremonie is geskeduleer vir vandag by Stad Windhoek se raadsaal. Darren Smith, die koördineerder van Copps 94.1, deel die opgewondenheid oor die ondertekening.
12 Apr 11PM 1 min

Gauteng-skole ervaar krisis met tot 70 leerders per klaskamer

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Lebogang Maile, waarsku teen 'n ernstige krisis met oorvol in skole in die dorps- en binnestedelike gebiede, met sommige klaskamers wat tot 60 en 70 leerders per onderwyser moet akkommodeer. Maile het tydens 'n media-inligtingsessie gesê stygende leerdergetalle, verouderende infrastruktuur en minder nuwe skole…
12 Apr 11PM 1 min