BoN gesels oor onwettige geld-rangskikkings

Loading player...
Die Bank van Namibië het sy kommer uitgespreek oor Namibiërs wat Namibiese banknote gebruik om geld-rangskikkings te maak soortgelyk aan blommerankskikkings. Die praktyk is veral gewild op Valentynsdag en oortree die wet, waarvolgens note en munte nie beskadig mag word nie. Plaaslike media het met Kazembire Zemburuka, die woordvoerder van die sentrale bank gepraat.
10 Feb 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gelyke indiensneming draai in Konstitusionele Hof

Sakeliga en die Nasionale Werkgewersvereniging van Suid-Afrika het hul saak teen gelyke indiensnemingskwotas na die Konstitusionele Hof geneem in 'n finale poging om dringende verligting te kry. Die sakegroepe probeer om 'n laerhof beslissing om te keer wat geweier het om die nuwe regulasies op te skort. Die nuwe regulasies…
11 Apr 4AM 1 min

Sokker: Nanso bied korporatiewe toernooi aan

Nanso bied as deel van sy #FixMySchool-veldtog dié naweerk 'n korporatiewe 7-aan-'n-kant sokkertoernooi vir onderwys aan. Nanso-woordvoerder Jessy Abraham gee meer inligting oor die doel en belangrikheid van die veldtog.
11 Apr 3AM 1 min

Dis 'Rooi Saterdag', gaan bloei!

Die Bloedoortappingsdiens hou 'n "Rooi Saterdag" om beide nuwe en gereelde bloedskenkers aan te moedig om bloed te skenk en te help om 200 tot 250 sakkies of meer te vul. Opvoedingsbeampte Frieda Vatileni-Asino sê die doel is om bloedtekorte te verminder en voldoende bloedreserwes vir die land te verseker…
11 Apr 2AM 1 min

Krieket: FNB Eagles draf Oman kaf

Namibië se krieketspan lê nou vyfde op die ranglys van die Krieketwêreldbeker Liga Twee ná die FNB Eagles Vrydag met een paaltjie teen Oman in Windhoek gewen het. Namibië se Zane Green is as die Speler van die Wedstryd aangewys en het meer:
11 Apr 1AM 1 min

Copps 94.1: Windhoek stroopsoet op Vrydagaand

Buiten vir ‘n vreemde oproep wat die Copps 94.1-span op ‘n soektog gestuur het wat niks kon oplewer nie, het Windhoek se misdaadbekampers Vrydagaand ‘n tjoepstil skof beleef. Francois Lottering van Kosmos 94.1 was oudergewoonte op sy skof en doen verslag van die toneel:
11 Apr 12AM 1 min