Ekonomie, fiskus brandpunte in SA staatsrede vanaand

Loading player...
President Cyril Ramaphosa het aangedui dat ekonomiese druk en fiskale beperkings vanaand belangrike temas in sy staatsrede sal wees. Hy sal na verwagting ingrypings vir die komende boekjaar aankondig, en uitbrei oor Suid-Afrika se plaaslike prioriteite, asook die land se verhoudings op die vasteland en internasionaal. Ramaphosa sê sy toespraak sal nugter nadenke en versigtige hoop balanseer, en vordering erken terwyl hy ook voortslepende strukturele uitdagings sal noem:
12 Feb 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Copps 94.1: Windhoek stroopsoet op Vrydagaand

Buiten vir ‘n vreemde oproep wat die Copps 94.1-span op ‘n soektog gestuur het wat niks kon oplewer nie, het Windhoek se misdaadbekampers Vrydagaand ‘n tjoepstil skof beleef. Francois Lottering van Kosmos 94.1 was oudergewoonte op sy skof en doen verslag van die toneel:
11 Apr 12AM 1 min

Efundja het begin, laagliggende streke oorstroom

Terwyl goeie reënval in suidelike Angola voortduur, is vloei van Ondjiva na die Cuvelai in Namibië waargeneem en 'n waarskuwing vir vloedwater, algemeen bekend as efundja, is deur die Hidrologiese Diens uitgereik. Efundja het reeds laagliggende streke oorstroom, toegangsroetes geblokkeer en daaglikse aktiwiteite versteur. Kosmos 94.1 Nuus het met Alfeus…
10 Apr 11AM 1 min

Legende Tom Watson kritiseer LIV-gholfspelers se terugkeer

Gholf: Die agtmalige major-kampioen Tom Watson kritiseer die PGA-toer omdat hulle Brooks Koepka en Patrick Reed toelaat om van LIV Gholf terug te keer. Die 76-jarige Amerikaner voer aan die toer het nie sy woord gehou met sy belofte aan getroue spelers nie. Koepka het in Januarie teruggekeer terwyl Reed…
10 Apr 11AM 1 min

Enduro-kampioenskap brul weer by Itumba-baan

Die tweede been van die Nasionale Enduro-kampioenskap sal môreoggend by die Itumba-baan suid van die hoofstad plaasvind. Meer as 50 motorfietsryers in sewe verskillende klasse sal deelneem, soos Francois Lottering verduidelik.
10 Apr 10AM 1 min