Nuwe kragreëls: 'CoW steur hom nie nie aan ECB'

Loading player...
Kragverskaffers mag nie meer elektrisiteit sonder vooraf kennisgewing ontkoppel nie, ingevolge nuwe regulasies van die Elektrisiteitsbeheerraad, die ECB. Dit geld vir alle lisensiehouers, insluitend streekselektrisiteitsverspreiders, munisipaliteite en NamPower. Kliënte moet nou minstens 24 uur kennis gegee word voordat elektrisiteit weens wanbetaling ontkoppel word, en dit mag nie op Vrydae en oor naweke gedoen word nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die aktivis Shaun Gariseb van Katutura Residents Rate Payers gepraat, wat sê Stad Windhoek steur hom nie aan die ECB nie.
12 Feb 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Copps 94.1: Windhoek stroopsoet op Vrydagaand

Buiten vir ‘n vreemde oproep wat die Copps 94.1-span op ‘n soektog gestuur het wat niks kon oplewer nie, het Windhoek se misdaadbekampers Vrydagaand ‘n tjoepstil skof beleef. Francois Lottering van Kosmos 94.1 was oudergewoonte op sy skof en doen verslag van die toneel:
11 Apr 12AM 1 min

Efundja het begin, laagliggende streke oorstroom

Terwyl goeie reënval in suidelike Angola voortduur, is vloei van Ondjiva na die Cuvelai in Namibië waargeneem en 'n waarskuwing vir vloedwater, algemeen bekend as efundja, is deur die Hidrologiese Diens uitgereik. Efundja het reeds laagliggende streke oorstroom, toegangsroetes geblokkeer en daaglikse aktiwiteite versteur. Kosmos 94.1 Nuus het met Alfeus…
10 Apr 11AM 1 min

Legende Tom Watson kritiseer LIV-gholfspelers se terugkeer

Gholf: Die agtmalige major-kampioen Tom Watson kritiseer die PGA-toer omdat hulle Brooks Koepka en Patrick Reed toelaat om van LIV Gholf terug te keer. Die 76-jarige Amerikaner voer aan die toer het nie sy woord gehou met sy belofte aan getroue spelers nie. Koepka het in Januarie teruggekeer terwyl Reed…
10 Apr 11AM 1 min

Enduro-kampioenskap brul weer by Itumba-baan

Die tweede been van die Nasionale Enduro-kampioenskap sal môreoggend by die Itumba-baan suid van die hoofstad plaasvind. Meer as 50 motorfietsryers in sewe verskillende klasse sal deelneem, soos Francois Lottering verduidelik.
10 Apr 10AM 1 min