Tucna het kommer oor werksomstandighede in visbedryf

Loading player...
Die VakbondKongres van Namibië, Tucna, het kommer uitgespreek oor swak werksomstandighede in die visbedryf en afleggings by verskeie maatskappye. Tucna-president Paulus Hango het op 'n perskonferensie in Walvisbaai Gendev Fishing, wat gedreig het om 489 werknemers af te dank, asook Gendor, NovaNam en Kuiseb Fishing, uitgesonder as van die maatskappye wat na bewering verantwoordelik is vir swak werksomstandighede en afleggings. Hango het die regering veroordeel vir die ondertekening van ooreenkomste met maatskappye wat werkers in diens neem, maar nie die inhoud daarvan met werkersverteenwoordigers deel nie.
16 Feb 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Efundja het begin, laagliggende streke oorstroom

Terwyl goeie reënval in suidelike Angola voortduur, is vloei van Ondjiva na die Cuvelai in Namibië waargeneem en 'n waarskuwing vir vloedwater, algemeen bekend as efundja, is deur die Hidrologiese Diens uitgereik. Efundja het reeds laagliggende streke oorstroom, toegangsroetes geblokkeer en daaglikse aktiwiteite versteur. Kosmos 94.1 Nuus het met Alfeus…
10 Apr 11AM 1 min

Legende Tom Watson kritiseer LIV-gholfspelers se terugkeer

Gholf: Die agtmalige major-kampioen Tom Watson kritiseer die PGA-toer omdat hulle Brooks Koepka en Patrick Reed toelaat om van LIV Gholf terug te keer. Die 76-jarige Amerikaner voer aan die toer het nie sy woord gehou met sy belofte aan getroue spelers nie. Koepka het in Januarie teruggekeer terwyl Reed…
10 Apr 11AM 1 min

Enduro-kampioenskap brul weer by Itumba-baan

Die tweede been van die Nasionale Enduro-kampioenskap sal môreoggend by die Itumba-baan suid van die hoofstad plaasvind. Meer as 50 motorfietsryers in sewe verskillende klasse sal deelneem, soos Francois Lottering verduidelik.
10 Apr 10AM 1 min

Goethe-instituut se taalkompetisie was 'n wenner

Die Goethe-instituut, wat hom wêreldwyd beywer vir die aanleer van Duits, het 'n taalkompetisie op 28 Maart gehou in vennootskap met die Duitse-Namibiese Vereniging. Die doel was dat Duits-leerlinge hul vaardighede ten toon stel, met die wenners wat groot pryse losgeslaan het. Die instituut se Ingrid Barth het meer.
10 Apr 10AM 1 min