Ikoniese Duvall sterf op 95

Loading player...
Die Oscar-wenner, Robert Duvall, veral bekend vir The Godfather en Apocalypse Now, is op 95-jarige ouderdom dood. Hy het ʼn roemryke loopbaan van ses dekades gehad nadat hy sy debuut in die 1963-fliek, To Kill A Mockingbird, gemaak het. Duvall was veral bekend vir sy rol as mafia-raadgewer in Francis Ford Coppola se The Godfather, waarvoor hy sewe Oscar-benoemings ontvang het. Hy het in 1983 ʼn Oscar gewen vir sy vertolking van ʼn country-sanger wat beter dae geken het in Tender Mercies. Hy het die 1997-fliek, The Apostle, geskryf, geregisseer en daarin gespeel. Sy toespraak aan ‘n jonge Haley Joel Osmond in Secondhand Lions is ons gunsteling...
16 Feb 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Efundja het begin, laagliggende streke oorstroom

Terwyl goeie reënval in suidelike Angola voortduur, is vloei van Ondjiva na die Cuvelai in Namibië waargeneem en 'n waarskuwing vir vloedwater, algemeen bekend as efundja, is deur die Hidrologiese Diens uitgereik. Efundja het reeds laagliggende streke oorstroom, toegangsroetes geblokkeer en daaglikse aktiwiteite versteur. Kosmos 94.1 Nuus het met Alfeus…
10 Apr 11AM 1 min

Legende Tom Watson kritiseer LIV-gholfspelers se terugkeer

Gholf: Die agtmalige major-kampioen Tom Watson kritiseer die PGA-toer omdat hulle Brooks Koepka en Patrick Reed toelaat om van LIV Gholf terug te keer. Die 76-jarige Amerikaner voer aan die toer het nie sy woord gehou met sy belofte aan getroue spelers nie. Koepka het in Januarie teruggekeer terwyl Reed…
10 Apr 11AM 1 min

Enduro-kampioenskap brul weer by Itumba-baan

Die tweede been van die Nasionale Enduro-kampioenskap sal môreoggend by die Itumba-baan suid van die hoofstad plaasvind. Meer as 50 motorfietsryers in sewe verskillende klasse sal deelneem, soos Francois Lottering verduidelik.
10 Apr 10AM 1 min

Goethe-instituut se taalkompetisie was 'n wenner

Die Goethe-instituut, wat hom wêreldwyd beywer vir die aanleer van Duits, het 'n taalkompetisie op 28 Maart gehou in vennootskap met die Duitse-Namibiese Vereniging. Die doel was dat Duits-leerlinge hul vaardighede ten toon stel, met die wenners wat groot pryse losgeslaan het. Die instituut se Ingrid Barth het meer.
10 Apr 10AM 1 min