Kritiek oor plan vir verpligte DNS-toetse vir vaderskap

Loading player...
Die kwessie oor verpligte DNS-toetse by geboorte om vir vaderskap toets is tans weer onder bespreking. Die justisieministerie het in 2025 voorgestelde wetgewing daaroor in die Nasionale Vergadering van die hand gewys en gesê dit is 'n saak wat tussen die ouers uitgeklaar moet word. Dit kom na publieke verontwaardiging omdat bedrog oor vaderskap gereeld voorkom. Kosmos 94.1 Nuus het met Dianne Hubbard, regskonsultant by die Reghulpsentrum gepraat wat die nadele van verpligte DNS-toetse verduidelik.
19 Feb 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Privaatsektor-operateur sal landbousentrum ontwikkel

Die kabinet het goedgekeur dat Plaas Kehoro Suid No. 160 aan 'n gekwalifiseerde privaatsektor-operateur verhuur kan word. Dit is 'n belangrike stap in die omskakeling van die eiendom in 'n belangrike landbousentrum. Die plaas, wat verkry is onder die regering se grondhervormingsprogram, is as 'n strategiese landboubate aangewys. Die doel…
10 Apr 5AM 1 min

Twee staan die naweek vir DA-leier

Die DA sê die kandidate-proses in aanloop tot die verkiesingskongres was in ooreenstemming met die party se demokratiese en deursigtige interne stelsels. Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, en Sedibeng se koukusleier, Sibusiso Dyonase, ding die naweek by die kongres in Midrand, Gauteng, mee vir die posisie van DA-leier. Die Federale…
10 Apr 5AM 1 min

Meer geld vir fluitjieblaser-beskerming

Die vakbondfederasie Cosatu doen 'n beroep op verhoogde regeringsbefondsing vir getuiebeskermingsprogramme, aangesien huidige hulpbronne nie voldoende beskerming bied vir verklikkers wat korrupsie en wangedrag blootlê nie. Die federasie verwelkom die Wet op Beskermde Bekendmakings wat vir openbare kommentaar gepubliseer is, en beskryf dit as 'n positiewe stap in die versterking…
10 Apr 3AM 1 min

Brittanje verhoog besteding op weermag

Die Britse regering het onderneem om 2,5 persent van die BBP teen 2027 aan verdediging te bestee. Die land se minister van verdedigingsgereedheid en nywerheid, Luke Pollard, sê aan Sky News die tempo is goed veral met ‘n bykomende 5 miljard pond wat vanjaar toegeken is en die teiken om…
10 Apr 3AM 1 min

Petrofund bied werkswinkels aan vir kapasiteit in petroleumsektor

Die Petroleum Opleidings- en Onderwysfonds, Petrofund, in samewerking met FirstRand Group en die Beleggingsbevorderings- en Ontwikkelingsraad, sal 'n tweedaagse werkswinkel vir olie- en gasverskaffers van 21 tot 22 April in Windhoek aanbied. 'n Tweede werkswinkel sal in Augustus in Walvisbaai aangebied word. Dit is in ooreenstemming met Petrofund se mandaat…
10 Apr 3AM 1 min