Jarvis vat Kenia Ope

Loading player...
Die Suid-Afrikaner Casey Jarvis het die Kenia Ope in Nairobi met drie houe gewen en sy eerste DP World Tour-titel opgeraap. Die 22-jarige Jarvis, wat 195ste op die wêreldranglys is, het in die laaste ronde ʼn agt onder 62 aangeteken en die toernooi onder 25 geëindig. Die Amerikaner Davis Bryant is tweede en nog ʼn Suid-Afrikaner, Hennie Du Plessis, is derde. Jarvis sê dit was wonderlik om vir die eerste keer voor sy pa te wen:
23 Feb 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Lenacapavir skenking verwelkom in SA

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Vigs-Raad, SANAC, het die aankoms van die eerste besending van die nuwe MIV-voorkomingsmiddel, Lenacapavir, verwelkom. Die Globale Fonds het 37 920 dosisse van die inspuiting geskenk, wat twee keer per jaar aan MIV-negatiewe mense toegedien word. Nelson Dlamini van die raad sê hulle werk aktief saam met…
9 Apr 11PM 1 min

Rutte verduidelik Navo-reaksie op VSA se oorlog in Iran

Navo sekretaris-generaal Mark Rutte het Donderdagaand by die Ronald Reagan-instituut in Washington kommentaar gelewer op sy vergadering met Amerikaanse president Donald Trump die vorige dag. Trump het sy ontevredenheid uitgespreek oor Europese lande wat Amerika nie steun in sy oorlog teen Irak nie en het voorgestel dat die VSA Navo…
9 Apr 11PM 1 min

Groot toename in witmielie-produksie verwag

Volgens president Netumbo Nandi-Ndaitwah se staatsrede was witmielie-produksie in 2025 op 69 541 metrieke ton, wat in 31 persent van die plaaslike vraag voldoen het. Liseli Mwilima, woordvoerder van die Namibiese Akkerbouraad, het aan Kosmos 94.1 gesê dramaties hoër produksie word vanjaar verwag, weens die goeie reën en die impak…
9 Apr 11AM 1 min

Staatswerkersvakbond steun wetwysigings vir sterker bestuur

Die Vereniging van Staatsamptenare verwelkom die wysigings aan die Wet op die Staatsdiens om sterker bestuur en verantwoordbaarheid te bevorder. Woordvoerder Claude Naicker beklemtoon die hervorming van meriete-gegronde aanstellings en die uithou van politiek uit die Staatsdiens. Hy sê daar is 'n behoefte aan groter betrokkenheid by ontslane werknemers en…
9 Apr 11AM 1 min