Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, het vandag die Huis vroeg verdaag tot môre namiddag. Dit volg op die tragiese afsterwe van die Swapo-parlementslid James Uerikua verlede week, saam met sy 14-jarige seun. Die sitting sal môre hervat word na die staatsrede deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah. Kuugongelwa-Amadhila is…
Die Stad Kaapstad sê met damvlakke tans onder 50-persent, is die slim gebruik van drinkwater belangriker as ooit. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê 'n praktiese manier waarop inwoners en ondernemings kan help is om gebruik te maak van behandelde afvalwater vir besproeiing en nywerhede. Hy sê…
Die Sandhof-lelies is in volle blom na die pan aan die buitewyke van Maltahöhe goeie reën ontvang het. Daar is steeds kans tot Vrydag die week om die skouspel te aanskou. Kosmos 94.1 Nuus het met die eienaar van die Maltahöhe Hotel, Marike Raves, gesels.
Reaksie word ontvang oor president Netumbo Nandi-Ndaitwah wat môre-middag haar staatsrede sal lewer. Dringende landskwessies word tradisioneel in staatsredes aangespreek. Kosmos 94.1 Nuus het met politieke ontleder Ndumba Kamwanyah gepraat, wat sê ons het nog nie veel verandering op die grond gesien sedert die vorige staatsrede nie.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.