GNU verbind hom tot SME-ondersteuning

Loading player...
Die minister van Kleinsakeontwikkeling, Stella Ndabeni, sê die regering is daartoe verbind om ʼn omgewing te skep wat kleinsakeondernemings toelaat om te gedy. Die 14de jaarlikse “Trots Suid-Afrikaans Koop Plaaslik”-beraad is die afgelope twee dae in Sandton, Johannesburg, gehou. Ndabeni sê Suid-Afrika is ʼn nasie met skeppingsvermoë, veerkragtigheid en ondernemingsgees. Sy sê die regering is besig om die sake-omgewing vir kleinsakeondernemings te verbeter:
18 Mar 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Aussies se soldaat-held vas vir oorlogsmisdade

Australië se mees bekroonde lewende soldaat is vir vermeende oorlogsdade aangekeer na ʼn ondersoek van vyf jaar. Die 47-jarige Ben Roberts-Smith staan tereg op vyf aanklagte van moord tydens sy dienstydperk in Afganistan tussen 2009 en 2012. Hy is voorheen beskuldig van moord op ongewapende burgerlikes as lid van die…
7 Apr 6AM 1 min

McKenzie betreur afsterwe van Ladysmith Black Mambazo se Mazibuko

Die buurland se kultuurminister, Gayton McKenzie, sê die dood van ʼn lid van die wêreldberoemde Ladysmith Black Mambazo is ʼn verlies vir Suid-Afrika en die musiekbedryf. Die 77-jarige Albert Mazibuko, wat meer as vyf dekades lank die ikoniese groep se sanger was, is Sondag oorlede. McKenzie se woordvoerder, Zimasa Velaphi,…
7 Apr 6AM 1 min

Dit sal sous die week, ook in die Suide, Weste

Goeie neerslae het in die laaste tien dae in die Hardap en Karas-streke voorgekom, in sommige gevalle, syfers van ‘n hele reënseisoen. Goeie vog beweeg steeds van die tropiese sones suidwaarts na Namibië en die vooruitsigte vir die week lyk goed, veral vir die Suide.
7 Apr 6AM 1 min