
Krieket: 2027 Wêreldbeker kan miljoene in Namibië impomp
Loading player...
‘n Ontleding deur Vision Africa toon dat die onder-19 Mans Krieket Wêreldbeker wat in Januarie en Februarie in die hoofstad plaasgevind het ‘n totale ekonomiese impak van 380,77 miljoen Namibiese dollar gehad het. Die verwagting is dat die Krieketwêreldbeker wat geskeduleer is om in Oktober en November 2027 in Suid-Afrika, Zimbabwe en Namibië plaas te vind, meer sal in bring. Kosmos 94.1 Nuus het met Krieket Namibië president, Rudi van Vuuren, gepraat.

