
ANC se ondersteuning daal verder, onder 40%
Loading player...
Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sê die publiek het vertroue in die party verloor. 'n Onlangse opname deur die marknavorsingsmaatskappy, Ipsos, toon dat die ANC se steun onder alle stemgeregtigde kiesers in die land nou op 33-persent staan. 'n Opname deur die Maatskaplike Navorsingstigting stel die party se steun nasionaal op 39-persent. Mbalula sê mense word gekonfronteer met mislukte dienste, werkloosheid, ongelykheid en 'n groeiende gevoel van ontnugtering:

